Mensgerigte Stories

Ontdek die paralimpiese helde van die toekoms: Suid-Afrika se soeke na glorie

Die Sportwetenskap-span van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs na die Tlamelang Spesiale Skool net buite Mahikeng gereis om vir die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) ’n reeks talentidentifikasietoetse op basketbalspelers in rolstoele te doen.…

Geraldine Fraser-Moleketi en ander takel die onderwerp van die bou van staatskapasiteit

Hulle het niks teruggehou nie, hulle was eerlik in hulle evaluering van die probleme wat Suid-Afrika ervaar, en hulle het nie daarvan weggeskram om moontlik oplossings voor te stel nie. Dit was van die kenmerke van die eerste jaarlikse openbare lesing deur dr Geraldine Fraser-Moleketi, Suzanne Paxton en prof Somadoda Fikeni wat deur die…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Philimon Modisha is ’n medeprofessor in die Fakulteit Ingenieurswese en sy navorsing fokus op die stoor van vloeibare organiese waterstof. Sy navorsing word hoofsaaklik uitgevoer by die Departement van Wetenskap en Innovasie se Waterstof…

Ontsluit die kulturele taal van emoji’s: ’n studie oor Facebook-emoji’s en die betekenis daarvan in Xhosa

’n Navorser by die Skool vir Kommunikasie by die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Quatro Mgogo, het ’n studie onderneem om te ondersoek hoe Facebook-emoji’s aangewend word om die betekenis van izaci namaqhalo esiXhosa (Xhosa-spreekwoorde en -idiome) te vorm.

Die studie het ook ondersoek hoe Xhosa-sprekende Facebook-gebruikers emoji’s…

Die ingewikkelde verband tussen heuningbye se soeke na kos en hulle kleurvoorkeure

Die betowerende wêreld van heuningbye se kossoekgedrag fassineer wetenskaplikes al lank, met kleur wat ’n vername rol in die bye se soektog na voedsel speel. Bye is noodsaaklike bestuiwers wat die sleutel tot die handhawing van die delikate balans van ons ekostelsels hou.

’n Student van die Noordwes-Universiteit (NWU), Kimani Waiyaki,…

NWU se kanselier met leeftydprestasietoekenning vereer

Die kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), dr Anna Mokgokong, het ’n leeftydprestasietoekenning tydens die 20ste jaarlikse Top Women Awards in Sandton ontvang.

Dr Mokgokong, wat ’n passievolle sosiale aktivis en voorstaander vir die bemagtiging van vroue en transformasie is, het die toekenning tydens ’n luisterryke…

Noordwes-Universiteit gee erkenning aan sy baanbreker-alumni

Die alumni van die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter deurlopend op hulle onderskeie kundigheidsgebiede, nasionaal sowel as internasionaal. Die NWU het tien van hierdie merkwaardige beroepslui tydens die universiteit se glansryke geleentheid vir die alumnitoekennings vir uitnemendheid (Alumni Awards of Excellence) op 9 November in Pretoria…

NWU-ontwerpers skitter by Loerie- en Student Gold Pack-toekennings

Om een toekenning te wen, is bewonderenswaardig. Twee is selfs beter. Om dit weer en weer te wen, maak dit merkwaardig.

Studente en gegradueerdes van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Grafiese Ontwerp-vakgroep skitter jaar na jaar by nasionale en internasionale toekenningskompetisies. Hulle toon ongelooflike konsekwentheid en verower…

’n Blywende gedenkgeleentheid om ons personeel en studente te eer

Die drie kampusse van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 3 November elkeen hulle jaarlikse gedenkdiens gehou ter ere van al die personeellede en studente wat gedurende die jaar oorlede is.

Twee-en-dertig studente en agt personeellede is oorlede – ’n getal wat die NWU glad nie verwag het nie.

“Hierdie individue was nie…

Ondersoek inheemse pedagogieë in die tog om Suid-Afrika se Eurosentriese kurrikulum te verander

Universiteitskurrikulums moet by ongemaklike gesprekke betrokke raak om hedendaagse uitdagings aan te pak, en in die afgelope paar jaar was daar ’n toenemende beweging na die dekolonisering van die onderwyskurrikulum in Suid-Afrika. Die vraag van “watter kennis het die grootste waarde”, of “wie se kennis het die meeste waarde” is die kern van…