Gesondheidswetenskappe Nuus

Prof Lubbe se baanbrekerswerk word internasionaal erken

In die lig van Vrouemaand wil ons sê hoe trots ons is op een van ons eie voorste vroue wat vir haar baanbrekerswerk in die reënboognasie internasionaal erken word. Prof Welma Lubbe, professor in die Skool vir Verpleegkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is onlangs deur die Developmental Observer, die amptelike nuusbrief van die NIDCAP…

Die prys van boeliegedrag

Sommige kinders kan die impak van boeliegedrag maklik verwerk, terwyl ander jare lank met die nadraai van hierdie traumatiese gebeure sukkel. Tebello Mabusela, ’n voorligtingsielkundige en dosent in sielkunde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), bespreek van die nagevolge en die werklike prys van boeliegedrag vir sommige slagoffers. Sy sê dat ’…

Hoe laat suikervrye sjokolade jou voel?

Statistiek toon dat 61% van die bevolking in Suid-Afrika óf oorgewig óf vetsugtig is. Die inname van ’n oormaat suiker lei tot verskeie gesondheidsprobleme, wat nie-aansteeklike siektes soos hartaanvalle, diabetes en kankers insluit, om maar net ’n paar te noem. Die maklike antwoord vir ’n oorgewigbevolking is dus om minder suiker te eet, of…

Projekte oor reaksie op siektes wil Suid-Afrika selfonderhoudend maak

In ’n tyd van Covid-19-tamheid word landsburgers nou met ’n selfs dodeliker en hoogs oordraagbare Delta-variant gekonfronteer. Hierdie nuwe virusmutasie het ’n impak op die reeds oorlaaide gesondheidstelsel met te min hulpbronne. Wat nog meer kommerwekkend is, is dat op dag 460 van die staat van inperking in Suid-Afrika minder as 1% van die…

Internasionale erkenning vir een van ons eie

Die Internasionale Unie vir Fisiologiese Wetenskappe (IUPS) bestaan uit talle verenigings en akademici binne die fisiologiese wetenskappe wêreldwyd. Dit is waarom die Fakulteit Gesondheidswetenskappe geweldig trots is daarop dat een van ons eie mense die geleentheid gekry het om ons land by so ’n unie te…

Top-sportsielkundige agter SA se Olimpiese aanslag

Daar is nie ʼn groter atletiekverhoog as die Olimpiese Spele nie, en daar is min sportgeleenthede met só ʼn kleurryke geskiedenis.

Vir elke glorieryke Spele gevul met dramatiese, ryk herinneringe, is daar ook Spele wat met groot hartseer gepaard gegaan het. Londen 2012 en Atlanta 1996…

Duisende word by die NWU se uitreiksentrums ingeënt

Die Covid-19-inentingsveldtog in Suid-Afrika het ’n hupstoot gekry met duisende lede van die publiek, insluitende personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU), hulle gades en lewensmaats, wat die afgelope naweek (16 tot 18 Julie) hulle inentings ontvang het. ’n Inentingsveldtog het by twee NWU-sentrums – die Great Hall in Mahikeng en die…

Kweek hoop ten spyte van die wanhoop oor Covid-19

Die voortgaande effek wat Covid-19 op geestesgesondheid het, word regoor die wêreld gevoel, maar veral in Suid-Afrika noudat die pandemie ons land met ’n derde vlaag getref het. Ons het geliefdes, ons finansiële stabiliteit, van ons vryhede, ons sosiale interaksie, en ’n “normale lewe” waaraan…

Ons eie bewese kundige by Metafact.io

Prof Cornelie Nienaber-Rousseau word deur Metafact, ’n aanlyn platform wat wetenskaplike inligting fynkam om slegs geverifieerde feite aan hulle gehoor te lewer, as ’n bewese kundige erken. Hulle missie is om mense in kontak te bring met betroubare bewyse oor vrae wat ’n impak op hulle lewens, samelewings en die wêreld om hulle het. Cornelie…

Innoverende navorsing gee aandag aan die mishandeling van bejaardes

Mishandeling van bejaardes is ’n onderwerp in ons samelewing wat dikwels misken word. Vir een PhD-student in Maatskaplike Werk het dit nie ongemerk verbygegaan nie. Gcotyiswa Mtiya-Thimla het haar PhD in Maatskaplike Werk aan die Noordwes-Universiteit (NWU) (2020) voltooi, waar sy haar navorsing op die mishandeling…