Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Nuus

Reserwebank bly baie versigtig te midde van onsekerhede

“Hoewel die meeste ontleders glo dat die rentekoerse in Suid-Afrika nou hulle hoogtepunt bereik het – indien daar nie groot skokke op ons wag nie – beskou die Monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om verstaanbare redes steeds die inflasierisiko’s as hoog.”

In sy kommentaar op die besluit van die MBK op 27…

Navorsing gee insig in Generasie Y se finansiële en bankgedrag

Wat geldsake betref het millenniërs – ook Generasie Y’s* genoem – gemengde gevoelens. Aan die een kant het hulle ’n positiewe uitkyk op persoonlike finansiële beplanning. Aan die ander kant is hulle meer geneig om na willekeur te spandeer, wat lei tot oorbesteding en probleme om doeltreffend te begroot.

Om tot hierdie dilemma by te dra…

Waarna ekonome in die Begrotingstoespraak gaan soek

Professor Waldo Krugell, ’n ekonoom by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gee ’n vooruitskouing oor wat verwag kan word wanneer die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, op 21 Februarie sy 2024 Begrotingstoespraak gaan lewer.

Baie gaan hierdie week voor en ná die Begrotingstoespraak…

R15,456 miljard: Privaat wildjagtery beteken groot geld

Die Suid-Afrikaanse privaat wildjagbedryf is een wat gekoester moet word. Dit is weer eens duidelik gemaak deur navorsing wat uitgevoer is deur die navorsingseenheid vir Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing (TREES), wat deur prof Peet van der Merwe, Andrea Saayman en Elmarie Slabbert uitgevoer is. Die navorsing het…

Bestuursrekenmeesters palm internasionale liggaam se top-Afrikatoekennings in

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het homself weer as een van die land se voorste rekeningkunde-instellings onderskei toe die NWU se Skool vir Rekeningkunde en sy Bestuursrekenmeesterskapprogram drie gesogte professionele Chartered Global Management Accountant (CGMA) Professional Africa-toekennings ontvang het. Die toekennings word deur die…

Lewensveranderende ervaring wag op die Mahikengkampus se Toerisme-studente

Meetingstraat 205, Charleston, Suid-Carolina 29401, Verenigde State. Hier, op die rand van die Atlantiese Oseaan, omring deur die vleie van die lae lande, is die plek wat nege BA Honneurs-studente in Toerismebestuur van die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) hulle tuiste gaan noem wanneer hulle op 21 November op die reis van ’n…

Prof Jonathan Calof neem sy bemarkingsinsig na ’n Mandarynse gehoor

Dit kom as geen verrassing nie wanneer ’n wêreldberoemde kundige in intelligensie en voorkennis soos prof Jonathan Calof van die Ottawa Universiteit in Kanada en buitengewone professor in die navorsingsfokusarea TRADE aan die Noordwes-Universiteit (NWU), nog ’n wêreldverhoog vind: China.

Prof Calof se boek, Gaining Market Insight from…

Studente gee hulle mening oor die belangrikheid van innovasie en entrepreneurskap

deur Vukosi Mathale

In die dinamiese landskap van innovasie en entrepreneurskap kom studente sterk na vore met vars perspektiewe en met vindingryke idees om besighede mee te begin. Om vir kompetisies soos Leopards Lair® in te skryf, gee vir hierdie jong denkers vol aspirasies ’n plek waar hulle kan wys wat hulle…

Dít is hoekom toerisme in die Wes-Kaap koning kraai

Deur te verseker dat toeriste veilig voel – en veilig is – is een van die vernaamste redes vir Kaapstad en die Wes-Kaap se sukses as ʼn toerismebestemming. Dit sal ander stede en streke baat om Kaapstad en die Wes-Kaap se toersime-plan na te volg. Plaaslike regerings en toerisme-owerhede moet saam met die privaatsektor werk want ʼn florerende…

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die Noordwes-Universiteit (NWU) doen opwindende werk op die navorsingsfront.

Prof Moses Retselisitsoe Phooko is die direkteur van Professionele Ontwikkeling en Gemeenskapsbetrokkenheid in die Fakulteit Regte. Sy navorsing handel oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Hy verduidelik meer oor wat sy…