Fakulteite Nuus
Navorser gebruik kunsmossels om waterbesoedeling te moniteer
Waterbesoedeling is ’n beduidende omgewingskwessie met ’n verreikende impak op die samelewing. Dit is nie beperk tot plaaslike of streeksgrense nie, en word deur klimaatsverandering vererger, wat gesondheidsrisiko’s vir die mens tot gevolg het.
In die hantering van sulke geweldige risiko’s vir ons waterhulpbronne, het ons nou innovasie…
Dr Fortunate wil malaria uitroei
Dr Fortunate Mokoena het ’n visie. Hierdie senior lektor in biochemie by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wil die vasteland wat sy haar tuiste noem ’n beter en veiliger plek vir sy burgers maak.
Sy hoop om dit te doen deur te help om malaria uit te roei.
“Baie van ons wat op die…
Koloniale tekste met ’n verskil verskaf insig vir vandag
Die voortgesette invloed van kolonialisme kan regoor die wêreld gesien word, aangesien dit ’n blywende impak op samelewings en kulture het. In Suid-Afrika was die nasleep van kolonialisme veral diepgaande en gekenmerk deur tye van Hollandse en Britse oorheersing.
’n Navorsingsprojek getiteld “Colonial Pasts and Transnational Futures”,…
Drs Bam en Petzer sluit by hoogaangeskrewe onderwysbevorderingsprogram aan
’n Landswye inisiatief, die bevorderingsprogram vir onderrig by universiteite (Teaching Advancement at Universities (TAU) programme) se doel is om onderrig en leer in openbare hoër onderwys te verbeter.
Die program is ’n komponent van die nasionale raamwerk vir die bevordering van akademici as dosente by universiteite wat deur die…
Plastiekbesoedeling plaas ’n demper op vierings
Daar word geskat dat 10 miljoen klein stukkies plastiek op die grasperk voor die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte in Potchefstroom lê, en die grond op die Fanie du Toit Sportterrein het ook hoë vlakke van plastiekbesoedeling. Dit plaas ’n demper op die vierings wat dikwels in hierdie ruimtes gehou word, en waar…
Kyk na volhoubare landbou om grond te bewaar
Pluimveemis kan boerderypraktyke in Suid-Afrika omkeer, veral vir bestaansboere in landelike gebiede. Dit is een van die navorsingsbevindings van Mandisa Mazibuko, ’n navorser van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.
Haar navorsing ondersoek die effek van pluimveemis op geselekteerde mieliekultivars en grondminerale…
’n Fakulteit wat omgee stap die ekstra myl vir leerders
Graad 12-leerders is op die drumpel van volwassenheid en moet besluite vir hulle toekomstige loopbane en leefstyle neem. Die las van hierdie besluite en verwagtings van ouers, onderwysers en die samelewing kan oorweldigend wees.
Te midde van hulle stres en bekommernisse, kan hulle op mentors soos prof Fazel Freeks, medeprofessor en…
Kom ons maak mynbou sexy
Professor Quentin Campbell van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is welsprekend en het ’n manier om iets raak te vat. Toe hy dus sê “dit is tyd om mynbou sexy te maak”, het die teenwoordiges by die NWU se heel eerste mynbou-indaba met ’n grinnik regop gesit.
Prof Campbell het tydens ’n groepsessie as…
NWU Biokinetika-student ontvang gesogte studentetoekenning vir Gesondheidswetenskappe by die ASAIPA Nasionale Mediese Toekennings
dat een van ons studente, Jayson Clancy, die studentetoekenning vir Gesondheidswetenskappe by die ASAIPA Nasionale Mediese Toekennings in 2024 gaan ontvang.Die toekenningseremonie sal op 29 Junie 2024 in Johannesburg plaasvind en dit is die eerste keer dat ’n NWU-student hierdie eer gaan ontvang.
Jayson het regdeur sy akademiese…
Prof Lebo Gafane-Matemane gaan mentorskapinisiatiewe op internasionale vlak lei
Prof Lebo Gafane-Matemane, medeprofessor in Fisiologie en voorstander van gemeenskapsbetrokkenheid by die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, is as die nuwe voorsitter van die Internasionale Vereniging vir Hipertensie (ISH) se Mentorskap- en Opleiding-komitee (MTC) aangestel.
Met haar…