Fakulteite Nuus
Saam in die stratosfeer: NWU, NASA en Princeton Universiteit reik na die sterre met die Super Pressure Balloon-projek
Die National Aeronautics and Space Administration (NASA) het op Donderdag 16 April 2023 die Super Pressure Balloon, wat die Superdrukballon-beeldteleskoop (Super Pressure Balloon Imaging Telescope, SuperBIT) vervoer, gelanseer. Die SuperBIT werk in die stratosfeer op ’n hoogte van 40 kilometer bo seevlak.
Die primêre wetenskaplike doel…
’n Gedeelde visie vir die toekoms: ’n betrokkenheid wat ’n nuwe era van samewerking inlui
Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Myngesondheids- en -veiligheidsraad (Mine Health and Safety Council, MHSC) het op Maandag 18 Desember 2023 ’n gesprek gehou om samewerking en die ontwikkeling van ’n verhouding te bevorder wat vir albei partye tot voordeel kan wees.
Die vergadering het by die kantoor van die visekanselier in gebou…
Fakulteit Regte bied konferensie vir Suider-Afrikaanse regsdosente aan
Die Suider-Afrikaanse samelewing is steeds besig om ’n magdom uitdagings te trotseer. Hoë vlakke van armoede en werkloosheid, onvoldoende infrastruktuur en elektrisiteitsvoorsiening, misdaad en stygende vlakke van korrupsie, en al die verskillende nalatenskappe van kolonialisme en apartheid dra alles by tot die giftige mengsel wat lewens en…
Intydse monitering in beroepshigiëne
Die Beroepshigiëne en Gesondheidsnavorsingsinisiatief (OHHRI) by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het op 29 en 30 November 2023 ’n werkswinkel aangebied om kennis en beste praktyke met betrekking tot die gebruik van direktelees-metodologieë en -sensors in beroepshigiëne te deel. Die geleentheid met die…
Bestuursrekenmeesters palm internasionale liggaam se top-Afrikatoekennings in
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het homself weer as een van die land se voorste rekeningkunde-instellings onderskei toe die NWU se Skool vir Rekeningkunde en sy Bestuursrekenmeesterskapprogram drie gesogte professionele Chartered Global Management Accountant (CGMA) Professional Africa-toekennings ontvang het. Die toekennings word deur die…
Grafiese-ontwerpstudente en -gegradueerdes ontvang nog nasionale en internasionale erkennings
Kort op die hakke van pryse by die Loerie-toekennings en die Student Gold Pack-toekennings (lees meer: https://news.nwu.ac.za/nwu-designers-dazzle-loerie-and-student-gold-pack-awards), het studente en gegradueerdes in Grafiese Ontwerp van die Noordwes-Universiteit (NWU) verdere nasionale en internasionale erkenning vir hulle besondere…
Suid-Afrika steier onder bloedige warm weer
Suid-Afrikaners weet El Niño beteken ’n warm, droë somer, maar klimaatskundiges van die Noordwes-Universiteit (NWU) waarsku dat die El Niño-impak verder as bloot droogte strek – daar is bewyse, hoewel nie beduidend nie, dat dit ook erge weerstoestande en ’n verhoogde risiko vir hittestres kan meebring.
El Niño, ’n wêreldwye…
Lewensveranderende ervaring wag op die Mahikengkampus se Toerisme-studente
Meetingstraat 205, Charleston, Suid-Carolina 29401, Verenigde State. Hier, op die rand van die Atlantiese Oseaan, omring deur die vleie van die lae lande, is die plek wat nege BA Honneurs-studente in Toerismebestuur van die Mahikengkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) hulle tuiste gaan noem wanneer hulle op 21 November op die reis van ’n…
Honneursprogram in opvoedkundige sielkunde bemagtig steeds Potchefstroom Hospitaal
Die vrugte van ’n agt jaar lange veeleisende gemeenskapsonderneming kan nou duidelik in die Potchefstroom Hospitaal-projek gesien word. Hierdie onderneming is deurlopend aan die gang gehou deur die onwrikbare passie, toewyding en verbintenis van die personeel wat sedert 2014 daarby betrokke is. Die begin van die projek kan so ver teruggevoer…
NWU vier Kindergesondheidsdag saam met die Stadt Primêre Skool
Om Kindergesondheidsdag te vier, het die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n klompie prettige aktiwiteite vir die kinders by die Stadt Primêre Skool gereël om die voordele van ’n gesonde leefstyl aan hulle oor te dra.
Leerders en ouers van die skool in Mahikeng se Montshioa-Stadt-dorpie is uitgenooi…