Fakulteite Nuus
Ek stel dit aan u – tweedejaar-Vanderbijlparkstudente die wenners in die NWU Juta Skynverhore
’n Span tweedejaarstudente van die Fakulteit Regte op die Vanderbijlparkkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is hierdie jaar se wenners in die gewilde jaarlikse NWU Juta Skynverhore-kompetisie wat op 15 Augustus in Potchefstroom plaasgevind het.
Omphemetse Malebese, France Richia, Ayanda Sibisi en Tsitsi Sithole het met die eerste…
Welkom by die “hofsaal”! NWU-Juta-Skynverhore keer terug met in-persoonkompetisie
Die gewilde jaarlikse NWU-Juta-Skynverhore-kompetisie is met mening terug, met verlede jaar se virtuele formaat wat hierdie jaar vir ’n in-persoonkompetisie plek maak .
“Ons is baie opgewonde om almal in die skynhofsaal terug te hê,” sê adv René Koraan, direkteur vir Professionele Ontwikkeling en Gemeenskapsbetrokkenheid en senior…
Navorsers word deel van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad
Die liefde wat twee navorsers van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne (SADiLAR) vir taal het en hulle vasberadenheid om dit te bevorder en te ontwikkel, het ’n verdere inspuiting gekry met hulle insluiting op twee taalliggame van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT).
Mmasibidi Setaka, ’n navorser in digitale…
NWU-navorsers toets medisinale plante wat vir voorbehoeding gebruik word
Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) en tradisionele gesondheidspraktisyns van die Noordwes provinsie ondersoek alternatiewe – die gebruik van medisinale plante – as voorbehoedmiddels vir vroue wat om gesondheids- of ander redes nie kommersiële voorbehoedmiddels kan gebruik, of nie toegang daartoe het nie.
Die projek is ’n…
Hoe die regulering van mobiele geld finansiële insluiting ’n hupstoot kan gee
Elfas Torrerai, LLD-kandidaat aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het ’n statutêre analise gedoen van die gebruik en regulering van mobiele geld om finansiële insluiting in ontwikkelende lande te bevorder.
Die titel van sy studie is “A comparative statutory analysis of the use and regulation of mobile money to promote financial…
Fulbright-vakkundige sluit by die NWU aan om die geheime van serpentynsteenekologie te ondersoek
’n Fulbright-vakkundige van die Verenigde State gaan vir 10 maande lank by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur aansluit om navorsing te doen op ’n gebied wat nog baie braak lê.
Daar is gapings in die kennis wat wetenskaplikes het oor plant- en insektespesies wat op serpentynsteen leef, en om…
Beter koördinasie en samewerking kan voedselsekerheid in Suid-Afrika se landelike gebiede bevorder
“My passie vir landelike ontwikkeling het begin toe ek besef het dat daar gesinne is wat sonder kos bed toe gaan. Ek het nog meer daarin begin belangstel deur my navorsing oor sleutelstrategieë en -intervensies wat die land kan help met wyses waarop landelike ontwikkeling die beste aangewend kan word om te verseker dat daar voedselsekerheid is…
Hoe Afrika ’n “samelewing vir alle ouderdomme” kan ontwikkel
Afrika is en sal vir die afsienbare toekoms wêreldwyd die vasteland met die jongste bevolking wees. Intussen leef baie meer mense in Afrika toenemend langer.
Hierdie bevinding is op demografiese tendense op die vasteland gegrond en opper ’n klomp ingewikkelde kwessies vir beleidsmakers. Só sê prof Jaco Hoffman, ’n professor in Sosio-…
Professor Marietjie Havenga lewer intreelesing
’n Intreelesing is belangrik in die lewe en loopbaan van ’n akademikus.
Professor Marietjie Havenga het haar intreelesing, getiteld Koöperatiewe probleemgebaseerde leer in Inligtingstegnologie: Aktiewe leer vir die Vierde Industriële Revolusie, gelewer.
Prof Havenga het in hierdie lesing aangevoer dat die implementering van…
Nuwe taalhulpbronne vir die vier Suid-Afrikaanse Nguni-tale
Beter tegnologie-instrumente is op pad vir Suid-Afrika se vier Nguni-tale. Navorsing wat by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen word, help met die invul van die ontbrekende skakels oor hoe hierdie tale gebruik word, wat weer sal lei tot die ontwikkeling van taalgereedskap wat op die jongste…