Fakulteite Nuus

Bring biokinetika na die openbare sektor

Prof Hanlie Moss, navorsingsdirekteur van FASRek (Fisiese Aktiwiteit, Sport en Rekreasie) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het haar meestersgraad in Biochemie voltooi, hoewel sy nog altyd ’n groot belangstelling gehad het in die wyse waarop die menslike liggaam beweeg.

Sy het gimnastiek afgerig terwyl sy haar BSc in Fisiologie en…

Dis moontlik om saans te kook omdat termiese energie gestoor kan word

’n Mens kan nou saans sonkragstowe gebruik om warm etes voor te berei, aangesien termiese energie in stelsels gestoor kan word.  Sommige stelsels werk egter beter as ander, en daar is ruimte vir verbetering. So sê prof Ashmore Mawire van die navorsingsgroep vir sontermiese energie by die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hy het onlangs ’n…

Organisasieleiers kan hulle risikobestuursbeleggings optimaliseer deur nuwe metodes te ondersoek

Alle staats- en privaat organisasies moet die sistemiese risiko’s van ons komplekse wêreld hanteer. Sulke inherent komplekse kwessies is egter moeilik om te bestuur, selfs wanneer beduidende hulpbronne in die implementering van formele risikobestuursraamwerke en verwante prosesse benut word. Dit is daarom belangrik vir organisasieleiers om nuwe…

Plaaslike energie-oplossings is die beste vir Afrika

Plaaslike oplossings vir die energiekrisis in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande (SAOG-lande) is nodig, sê dr Pamelah Cheuka, ’n spesialis in ekonomie wie se PhD-tesis op die energie-uitdagings van die streek gefokus het.

Dr Cheuka se onlangse studie oor die impak van energiedoeltreffendheid en die opwekking van…

Studie bevind dat varswaterspesies in gevaar is omdat dit deur menslike aktiwiteite bedreig word

Van klimaatsverandering en verwante uiterste weerstoestande tot besoedelstowwe, oorbenutting en indringerspesies – menslike aktiwiteit is die hoofoorsaak dat varswaterspesies in Suid-Afrika se grootste vloedvlakte-ekostelsel bedreig word.

So sê die Waternavorsingsgroep (WRG) van die Noordwes-Universiteit (NWU), wat al die afgelope 10…

Die cannabisprobleem: regsgrense moet tussen die huis en die werkplek vasgestel word

Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika het in 2018 die kweek en gebruik van cannabis gewettig, mits dit vir privaat gebruik deur ’n volwasse persoon in ’n privaat plek is.

Advokaat Dineo Mongwaketsi het in haar meestersgraadnavorsing, wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is, gekyk na die regsimplikasies wat die wettiging…

Hou die ekonomiese bootjie vlot: waarom Suid-Afrika vroulike geoktrooieerde rekenmeesters nodig het

In tye van onrus en onsekerheid is kundigheid onontbeerlik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) word potensiaal in kundigheid ontwikkel en gevorm tot ’n vaardigheid wat tot voordeel is van die samelewing wat deur die NWU bedien word. Daar is min gebiede wat hierdie situasie beter beskryf as dié van geoktrooieerde rekenmeesterskap.  In ’n land…

Triomfantelike Adele is NWU se Comrades-koningin

Geluk, geluk en nogmaals geluk! Die Noordwes-Universiteit (NWU) se dr Adele Broodryk, 'n senior lektor by die Skool vir Menslike Bewegingskunde aan die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, sal altyd deur die geskiedenis onthou word as die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat die 2022 Comrades-marathon voltooi het.

Sy het ook algeheel derde in…

Masjien- en diepleer is deel van MUST by die Noordwes-Universiteit

Ons wêreld beweeg al hoe vinniger, en deur al die eeue van ons bestaan, kon ons nog nooit so vinnig soek, so ver reis of so diep delf nie. Ons het in die laaste eeu alleen ’n verbasingwekkende toename in die insameling van data gesien, en ons kan ongelooflike hoeveelhede inligting stoor om ons te help om bekende en onbekende probleme op te los…

Applous vir die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug

Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrouedag vanjaar die voorreg gehad om begaafde en skrander jong leerders en studente te vereer wat die potensiaal toon om ’n beter toekoms vir ons almal te skep!  Die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug is tydens ’n ontbytgeleentheid by The…