Gemeenskapsnuus
NWU-kundige: Daar is verdienste in die idee om ’n nuwe klimaatsooreenkoms te versoek
Die VSA se president Donald Trump se onttrekking aan die Paryse Klimaatsooreenkoms vroeër hierdie maand is met wêreldwye ontsteltenis begroet. Trouens, die Verenigde Nasies (VN) sowel as voormalige president Barack Obama, het die besluit as ’n groot terugslag beskryf.
Volgens dr Ilyayambwa Mwanawina, ’n kundige in streeksintegrasie,…
Enactus Vaal deur na die volgende rondte van die Harmony LED-uitdaging
Lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark se afdeling van Enactus glimlag breed nadat daar aangekondig is dat hulle tot by die tweede rondte van die gewilde 2017 Harmony Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling-uitdaging gevorder het.
Die span van Vanderbijlpark ding nou mee met verteenwoordigers van agt ander Suid-…
Kanovaarders roei ter herinnering aan ’n voormalige spanmaat
Kanovaarders van regoor die streek en lede van die Watuni-kanoklub, wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark geleë is, het Saterdag ’n vaart onderneem ter herinnering aan wyle Gerhard Nel.
Die jaarlikse Gerhard Nel-gedenkresies is ingestel ná die vroeë dood van Nel, ’n ingenieur by ArcelorMittal, tydens ’n tydtoets…
Alumni-kantoor bring hulde aan onderwysers
"As jy ooit iemand op ’n troontjie moet plaas – doen dit dan met onderwysers. Hulle is ons samelewing se helde." Hierdie woorde van ’n Amerikaanse skrywer, Guy Kawasaki, maak sin wanneer ’n mens dink aan onderwysers se taak wat uit soveel fasette bestaan. Dit word dan duidelik dat ’n onderwyser nie bloot iemand is wat onderrig gee nie.
’n…
Innoverende navorsing beloon NWU-dosent met PhD
Dit was ’n trotse oomblik op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toe Taty Dekoke, ʼn dosent in Frans, sy PhD in linguistiek en literêre teorie ontvang tydens die herfsgradeplegtigheid wat onlangs op die kampus plaasgevind het.
In sy tesis, The changing language repertoires of Congolese migrants in the Vanderbijlpark,…
PhD-gegradueerde ondersoek hoe Nigeriese tersiêre leerders Engels onder die knie kry
’n Trotse Remilkun Iyabo Adeyemi het onlangs haar PhD in Engels tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.
Die Nigeries-gebore Adeyemi wat onder die wakende oog van haar studieleier, prof Bertus van Rooy gestudeer het, het haar graad met die tesis genaamd A corpus-based…
Jongklomp wen internasionale innoveringstoekenning vir robotikaprojek
Drie elfjarige kinders van Vanderbijlpark – Izabelle Bothma, Ewald Harmse en Wilmar Pretorius – het ’n robot ontwerp wat reddingspanne kan help om iemand te vind wat onder die sneeu toegeval is. Hulle vindingrykheid het vir hulle die innoveringstoekenning by die onlangse Robotika Wêreldkampioenskap gewen.
Maar hoe hou hierdie merkwaardige…
Hulpverlening aan Knysna en ander storm geteisterde gebiede
Lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampusgemeenskap in Vanderbijlpark word aangemoedig om nie-bederfbare produkte, toiletware, komberse en water te versamel ter ondersteuning van die slagoffers van die onlangse brandkrisis in die Tuinroete.
Dié insamelingsprojek word in samewerking met DHL-koeriergroep aangebied.
Volgens…
NWU-personeel bedank vir sowat 3 700 diensjare
Bykans 3 700 jaar! Dit is die hoeveelheid diensjare waarvoor personeel van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus op Potchefstroom en by die Institusionele kantoor onlangs vereer is.
Tydens die geleenthede is personeel bedank vir hulle harde werk, toewyding en omgee-gesindheid.
Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor…
NWU-verpleegkundestudente skenk plakkate aan ES le Grange Skool
Tweedejaar-gemeenskapsverpleegkundestudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom het onlangs weer na leerlinge van ES le Grange Skool uitgereik.
Die studente het gesondheidsopvoedkunde-sessies met die leerlinge gehou waar hulle op onder meer handhigiëne, oefening en gesonde kos gefokus het. Die studente het die…