NWU-verpleegkundestudente skenk plakkate aan ES le Grange Skool

Tweedejaar-gemeenskapsverpleegkundestudente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom het onlangs weer na leerlinge van ES le Grange Skool uitgereik.

Die studente het gesondheidsopvoedkunde-sessies met die leerlinge gehou waar hulle op onder meer handhigiëne, oefening en gesonde kos gefokus het. Die studente het die sessies met heerlike pret en speletjies aangebied en al die leerlinge op hierdie interaktiewe wyse betrek.

Dr Tinda Rabie van die Skool vir Verpleegkunde, sr Stephani Botha en sr Anna-Therese Swart het die inisiatief ʼn paar jaar gelede begin om tweedejaarstudente by die uitreikprogram te betrek.

Vanjaar het studente ook plakkate oor verskeie onderwerpe gemaak wat aan die skool geskenk is om in die klaskamers teen die mure op te sit.

Rabie sê hulle het al ʼn spesiale verhouding met sr Gwendo Snijman, me Hetta Barnard en ander personeel van ES le Grange opgebou.

“Die studente doen regtig moeite met die uitreikaksie en ons kan net dankie sê daarvoor.”

 Links voor is sr Stephani Botha en sr Gwendo Snijman tussen die tweedejaar-gemeenskapsverpleegkundestudente met die plakkate wat hulle vir ES le Grange Skool gemaak het. Heel regs (voor) is dr Tinda Rabie en me Hetta Barnard.

Submitted on Thu, 06/01/2017 - 08:28