Gemeenskapsnuus

Regter Bess Nkabinde praat oor die veranderende gesig van leierskap

Daar is ’n verskil tussen die lei van verandering en die blote bestuur daarvan. Vra enige leier en hulle sal vir jou sê dat feitlik alle besighede – ongeag die sektor of die bedryf – fundamentele verandering in die gesig staar. Voeg hierby die huidige stand van die ekonomie en die sosio-politieke uitdagings waarmee leiers vandag te doen kry, en…

Geloof, talent en hope kreatiwiteit: ’n entrepreneur se reis

Gabi Hendrich (37), ’n grafiese en binnenshuise ontwerper en die eienaar van Living Stones Talent Factory, beskryf haar besluit om ’n entrepreneur te word as ’n geleidelike roeping van God waarop sy ja gesê het. Dit is die storie van haar reis tot dusver.

’n Paar maande voordat sy in 2003 haar graad gekry het, het Gabi in die…

Waarheen is die Suid-Afrikaanse ekonomie op pad?

Sonder ’n behoorlike begrip van ekonomiese konsepte word daar kleigetrap in die ingewikkelde landskap van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Só sê prof Danie Meyer, senior lektor in die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Volgens prof Meyer lyk dit of daar verwarring is ten opsigte van…

NWU-alumna gaan heel eerste Wetenskap agter Sportdag aanbied

“Sport het die mag om die wêreld te verander. Dit het die mag om te inspireer. Dit het die mag om mense op ’n manier te verenig soos min ander dinge kan doen. Dit praat ’n taal wat almal kan verstaan. Sport kan hoop skep waar daar net wanhoop was.”

Hierdie kragtige woorde deur wyle president Nelson Mandela is vandag steeds waar en vorm die…

NWU-kundige: Daar is verdienste in die idee om ’n nuwe klimaatsooreenkoms te versoek

Die VSA se president Donald Trump se onttrekking aan die Paryse Klimaatsooreenkoms vroeër hierdie maand is met wêreldwye ontsteltenis begroet. Trouens, die Verenigde Nasies (VN) sowel as voormalige president Barack Obama, het die besluit as ’n groot terugslag beskryf.

Volgens dr Ilyayambwa Mwanawina, ’n kundige in streeksintegrasie,…

Enactus Vaal deur na die volgende rondte van die Harmony LED-uitdaging

Lede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark se afdeling van Enactus glimlag breed nadat daar aangekondig is dat hulle tot by die tweede rondte van die gewilde 2017 Harmony Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling-uitdaging gevorder het.

Die span van Vanderbijlpark ding nou mee met verteenwoordigers van agt ander Suid-…

Kanovaarders roei ter herinnering aan ’n voormalige spanmaat

Kanovaarders van regoor die streek en lede van die Watuni-kanoklub, wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark geleë is, het Saterdag ’n vaart onderneem ter herinnering aan wyle Gerhard Nel.

Die jaarlikse Gerhard Nel-gedenkresies is ingestel ná die vroeë dood van Nel, ’n ingenieur by ArcelorMittal, tydens ’n tydtoets…

Alumni-kantoor bring hulde aan onderwysers

"As jy ooit iemand op ’n troontjie moet plaas – doen dit dan met onderwysers. Hulle is ons samelewing se helde." Hierdie woorde van ’n Amerikaanse skrywer, Guy Kawasaki, maak sin wanneer ’n mens dink aan onderwysers se taak wat uit soveel fasette bestaan. Dit word dan duidelik dat ’n onderwyser nie bloot iemand is wat onderrig gee nie.

’n…

Innoverende navorsing beloon NWU-dosent met PhD

Dit was ’n trotse oomblik op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toe Taty Dekoke, ʼn dosent in Frans, sy PhD in linguistiek en literêre teorie ontvang tydens die herfsgradeplegtigheid wat onlangs op die kampus plaasgevind het.

In sy tesis, The changing language repertoires of Congolese migrants in the Vanderbijlpark,…

PhD-gegradueerde ondersoek hoe Nigeriese tersiêre leerders Engels onder die knie kry

’n Trotse Remilkun Iyabo Adeyemi het onlangs haar PhD in Engels tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.

Die Nigeries-gebore Adeyemi wat onder die wakende oog van haar studieleier, prof Bertus van Rooy gestudeer het, het haar graad met die tesis genaamd A corpus-based…