Gemeenskapsnuus
Nuwe taalhulpbronne vir die vier Suid-Afrikaanse Nguni-tale
Beter tegnologie-instrumente is op pad vir Suid-Afrika se vier Nguni-tale. Navorsing wat by die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen word, help met die invul van die ontbrekende skakels oor hoe hierdie tale gebruik word, wat weer sal lei tot die ontwikkeling van taalgereedskap wat op die jongste…
Mikroskopiese wonder op geelbuik-seeslang is ’n wetenskaplike deurbraak
Net soos reusagtigheid ontsag kan inboesem, so is daar wonders in die ongelooflike kleine te vind. Vir dr Roksana Majewska van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is dit baie waar.
Voordat ons die mikroskoop nadertrek, moet ons praat oor Hydrophis platurus – of die beterklinkende geelbuik-…
Bekende opvoedkundige oorlede
ʼn Bekende voormalige dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde en viserektor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus, prof Dewey de Wet, is Saterdag 2 Julie in die vroeë oggendure in sy huis in Potchefstroom oorlede.
Prof de Wet het studeer aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU…
NWU se Hoof en Visekanselier sluit aan by wêreldleiers in kernwetenskap vir internasionale webinaar
Die Noordwes-Universiteit se Hoof en Visekanselier, dr Bismark Tyobeka, is deur prominente wêreldleiers in kernaangeleenthede genooi om ʼn paneellid te wees in ʼn internasionale webinaar oor die rol van kern- en radiologieveiligheid in die vreedsame gebruik van kernwetenskap en -tegnologie.
…Dit gaan alles oor die ouderdom – van wyn en ook van mense
Hoe ouer wynliefhebbers is, hoe droër verkies hulle hulle wyn, en hoe langer neem dit hulle om dit wat hulle gekoop het, te drink.
Dit is twee van die bevindings van ’n onlangse studie oor die wynvoorkeure van verskillende ouderdomsgroepe wat die navorsingseenheid TREES (Toerismenavorsing in Ekonomie, die Omgewing en die Samelewing)…
Uit die oogpunt van outisme: uitbeelding van outisme in die populêre kultuur
Die sewende nasionale Outismesimposium vind van 30 Junie tot 2 Julie 2022 op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) plaas. Die gebeurtenis laat die klem op die realiteite van mense met outisme en hulle gesinne val. Dit beloof om insiggewende perspektiewe deur kundiges op die gebied te lewer.
Die formaat…
NWU ken Kanseliersmedalje aan Danie Hefer toe
“Oom Danie!” klink die stem van die jong vrou van oorkant die straat op. Vir ’n oomblik kom alles in die eklektiese Stellenbosch, waar hy rondstap, tot stilstand en Danie Hefer draai om. Hy het nog ’n paar oomblikke tevore rondgekyk op soek na ’n restaurant, onbewus daarvan dat sy rankerige gestalte die aandag getrek het van die vrou wat nou na…
Die Noordwes-Universiteit kondig ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter vir sy Raad aan
Die Raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op sy vergadering van 23 Junie 2022 ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter verkies.
Mnr Bert Sorgdrager, ’n gesoute regskundige met meer as 30 jaar ervaring in die privaat sektor, is as die sesde voorsitter van die NWU Raad verkies. Mnr Obakeng Mongale, ’n ervare staatsamptenaar en die…
NWU athletes shine at CAA African Athletics Championships
Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n uitmuntende prestasie gelewer by die Afrika-atletiekkampioenskap van die CAA wat onlangs in St Pierre, Mauritius gehou is. Dit is die derde keer dat Mauritius die gasheer was van die geleentheid nadat die 1992- en 2006-kompetisies ook daar gehou is.
Suid-Afrika het 36 medaljes verower by…
Duwweltjiepad ontsenu nie vir Jane Fransman nie
Met elke trappie wat Tebogo tot op die verhoog klim, met elke tree wat hy oor die verhoog gee, het sy ma, Jane Fransman, se hart vinniger begin klop. Doef-doef, doef-doef. Trotse slae. Toe hy tot stilstand kom en dáár, in die ouditorium op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, sy onderwysgraad ontvang, wou sy uit haar vel bars…