Gemeenskapsnuus
Opwindende nuwe era begin vir die NWU
Die inhuldiging van dr Bismark Tyobeka as die derde visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) is die begin van 'n opwindende nuwe reis vir die universiteit.
Dr Tyobeka, wat sy vyfjaartermyn as hoof en visekanselier op 1 Junie 2022 begin het, is amptelik op 26 Augustus tydens 'n prestigegeleentheid by die Feather Hill Hotel en…
NWU word die tennisparadys
Pot, stel en wedstryd. Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gaan die land se voorste tennisbestemming word wanneer vyf nuwe kleibane voltooi is. Hierdie bane, saam met tien hardebane en twee grasbane, maak dat die NWU ongeëwenaar is vergeleke met die aanbiedings van ander instellings wat bane en geriewe betref.
…Masjien- en diepleer is deel van MUST by die Noordwes-Universiteit
Ons wêreld beweeg al hoe vinniger, en deur al die eeue van ons bestaan, kon ons nog nooit so vinnig soek, so ver reis of so diep delf nie. Ons het in die laaste eeu alleen ’n verbasingwekkende toename in die insameling van data gesien, en ons kan ongelooflike hoeveelhede inligting stoor om ons te help om bekende en onbekende probleme op te los…
Deidre mik om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer
Hierdie tyd van die jaar klou die humiditeit in Nigerië se hoofstad, Lagos, soos kleefgom aan jou lyf vas. Dit is drukkend, aanhoudend. Dan is daar Benin, Nigerië se susterland aan die westekant, net ʼn duisend kilometer bo die ewenaar. Die hawestad Cotonou is vasgevang tussen die Atlantiese Oseaan en Nokoué-meer, waar dit bekend is dat…
NWU huisves grootste Spar Netbalkampioenskap ooit
Eenduisendagthonderd deelnemers en beamptes. Ses-en-negentig spanne. Een Noordwes-Universiteit (NWU) wat die grootste Spar Netbalkampioenskap ooit aanbied.
Die Fanie du Toit Sportterrein het van 8 tot 13 Augustus behoorlik uit sy nate gebars met netbaltalent, en die NWU het weereens bewys dat daar nie ’n toernooi bo sy vuurmaakplek is…
Skaakmat is Anais Saayman se kos
“Die ‘s’ is silent,” verduidelik die pas 20-jarige Anais. “Jy spreek dit uit soos ‘A-ny’.” Om mense reg te help met die uitspraak van haar naam is tweede natuur. “Ek is al gewoond daaraan,” lag sy.
Dit is egter op die skaakbord waar dié oud-leerling van Potchefstroom Gimnasium en nou BCom Toerismebestuur-student by die Noordwes-…
Ali Bacher, hy sal weet
Hy is dalk klein van statuur, maar almal weet hy is gróót van gees. Dr Ali Bacher, Suid-Afrika se befaamdste krieketadministrateur, wat op 80-jarige ouderdom steeds wêreldwye aansien geniet, het vandeesweek die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om genoeg lewenslesse en staaltjies te deel om boeke vol te maak.
Hierdie gaslesing is deur…
Skielik kán hulle – studente ervaar sukses ná harde werk
Daar was die afgelope paar jaar nie naastenby genoeg skoolverlaters wat aan die minimum vereistes vir toelating tot tersiêre studiegebiede soos Ingenieurswese, Natuurwetenskappe, Ekonomiese Wetenskappe en Gesondheidswetenskappe voldoen het nie. Só sê Elza Hattingh van die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ingenieurswese wat aan die hoof staan…
Applous vir die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug
Die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrouedag vanjaar die voorreg gehad om begaafde en skrander jong leerders en studente te vereer wat die potensiaal toon om ’n beter toekoms vir ons almal te skep! Die finaliste en wenners van die Modiragatsi-innoveringskompetisie vir die jeug is tydens ’n ontbytgeleentheid by The…
NWU skenk rekenaars en boeke aan die JB Marks-gemeenskapsbiblioteke
Plaaslike biblioteke het dikwels nie die middele om broodnodige rekenaars en boeke op ’n gereelde basis aan te skaf nie. Personeel van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Biblioteek- en Inligtingsdienste (BID) in Potchefstroom het hierdie behoefte raakgesien en met ’n ruimhartige skenking na die JB Marks-gemeenskapsbiblioteke uitgereik.
…