Akademiese nuus
Professor se wye fokus lei tot internasionale samewerkings en suksesvolle NNS-gradering
Prof Elias Munapo van die Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n Nasionale Navorsingstigting- (NNS-) gegradeerde navorser – nie ’n maklike prestasie vir akademici met groot onderrig- en studieleiersverpligtinge nie.
Sy navorsingsbelangstellings is die gebruik van wiskunde en statistiek in besigheid. Hy het in 2022 sy eerste C3-gradering as…
Groot toekenning bevorder samewerkende navorsing in die Geesteswetenskappe
Twee navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n spesiale toekenning ontvang wat hulle samewerkende navorsing nasionaal en internasionaal ’n hupstoot sal gee.
Dr Yolandi Coetser en dr Laura Phillips, navorsers by die Maatskaplike Transformasie-navorsingsfokusarea van die NWU, het elkeen feitlik ’n miljoen rand se befondsing by…
Die NWU Besigheidskool ontvang nog ’n internasionale akkreditasie
Die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool het onlangs sy akkreditasie by die vereniging vir besigheidskole in Afrika (Association of African Business Schools, AABS) ontvang. Die NWU Besigheidskool is deur die senior bestuurder vir Akkreditasie en Kwaliteit, dr Lungile Ntsizwane, verteenwoordig by die 2023 AABS Connect-konferensie, wat deur…
NWU klim tot by die top-4,4% van universiteite wêreldwyd
Die voortgesette styging van die Noordwes-Universiteit (NWU) op wêreldwye ranglyste het hulle tot in die top-4,4% van universiteite wêreldwyd geneem. Dit is volgens die 2023-uitgawe van die Global 2000-ranglys wat deur die Center for World University Rankings (CWUR) gepubliseer is. Dit is ’n verbetering van die top-4,5% vir 2022/2023 en die top…
BAQONDE se doelwit is om ’n wêreld van hoër onderwys oop te maak
Dit is noodsaaklik dat Afrikatale as onderrigtaal bevorder word indien ons wil hê dat ons kultuurerfenis bewaar moet bly, leeruitkomste moet verbeter en taalhindernisse verminder moet word. Dit het weer duidelik geword by die 2023 BAQONDE-kongres wat van 1 tot 5 Mei by die Noordwes-Universiteit (NWU) gehou is.
BAQONDE is ’n…
René glo dat wonderwerke steeds plaasvind
Om moed op te gee, was nooit ’n opsie vir die 23-jarige René Engelbrecht, wat onlangs haar BEd Grondslagfase-graad aan die Noordwes-Universiteit (NWU) behaal het, nie. Sy het haar graad cum laude verwerf.
Sy is gebore sonder ’n corpus callosum – die massa senuvesels wat die linker-…
Ondersteuning en leiding van die NWU-gemeenskap maak graderingsreis makliker
Die vakgroep Inligtingstelsels aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het in prof Joshua Chukwuere sy eerste Y2-gegradeerde van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) gekry.
Hy is in inligtingstelsels, en spesifiek in ontluikende en digitale tegnologieë, aan die NWU opgelei. Prof Chukwuere is ’n medeprofessor in die navorsingsfokusarea…
MASARA fokus op musiek en die bewaring van inheemse musiek
Aristoteles het gesê dat musiek die mag het om die karakter te vorm en daarom by die opvoeding van jongmense ingesluit behoort te word. Hierdie aanhaling pas goed by die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsingsnisarea Musiekkunste in Suid-Afrika: Hulpbronne en Toepassings (The Musical Arts in South Africa: Resources and Applications, MASARA…
Die fynere punte van die ontwikkeling van aanlyn multimedia-leerplatforms
Die sleutel tot ’n uitgebreide leerervaring met behulp van multimedia en aanlyn leerplatforms is om deelname onder Generasie Z-studente – mense wat tussen 1997 en die vroeë 2010’s gebore is – aan te moedig.
Dit is een van die bevindings van ’n navorsingspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) nadat hulle die besonderhede van die…
Energie-uitdaging is die grootste bedreiging vir ekonomiese prestasie
Die styging in die jaarlikse verbruikersprysinflasie van 7,0% tot 7,1% in Maart was strydig met die markverwagtings, wat was dat die verbruikersprysindeks (VPI) moontlik teen nou ’n matige afname tot ongeveer 6,7% kon getoon het.
Volgens prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, is voedselpryse…