Wesensinflasie toon steeds ’n afname

Dit is welkome – maar nie onverwagte nie – nuus dat die wesensinflasie (VPI) vir Mei steeds ’n afname toon.”

In sy kommentaar op die VPI sê prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, dat hoewel voedselkoste hoog bly, die algehele afwaartse tendens in wesensinflasie op pad is na vroeër konsensusverwagtings dat Suid-Afrika in die komende maande nader aan die doelwit van prysstabiliteit gaan kom.

Hy wys daarop dat kerninflasie egter nou vir eers steeks bly.

“Die inflasievooruitsig moet nou ook gesien word saam met die jongste leidende besigheidsiklusaanwyser van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), wat in April verder gedaal het. Op ’n jaarbasis het hierdie leidende besigheidsiklusaanwyser jaar-tot-jaar met 9,1% gedaal. Ander onlangse hoëfrekwensie- ekonomiese data versterk ook die verwagtings verder dat baie swakker besigheidstoestande met negatiewe risiko’s in die tweede helfte van 2023 gaan voortduur.”

Prof Parsons sê voorspellings vir ekonomiese groei in 2023 huiwer tussen slegs 0,1% en 0,3%. Volgens hom beweer die huidige dwarsstrome in die ekonomie dat die SARB die VSA se Federale Reserwebank as voorbeeld moet neem en dit moet oorweeg om by sy Julievergadering verdere rentekoersverhogings eers te vermy.

“Daar is ’n tydsverloop tussen besluite oor monetêre beleid en die uitwerking op die reële ekonomie om in ag te neem. Dit is nou noodsaaklik dat die SARB ook evalueer watter kumulatiewe impak die rentekoersverhogings sedert November 2021 op die ekonomie gehad het.”

Submitted on Wed, 06/21/2023 - 15:27