Akademiese nuus

Intreerede spoor bedryfsnavorsing na die Tweede Wêreldoorlog toe terug

Bedryfsnavorsing (BN) is modern en uiters gesofistikeerd, maar die oorsprong daarvan kan teruggespoor word na 1939, toe die Koninklike Lugmag die reikwydte van radar begin uitbrei het.

Prof Philip Pretorius het onlangs die gehoor aan die begin van sy intreelesing op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ’n kort…

Wêreld loof NWU-student vir voedselsekerheidsoplossing

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het dit weer gedoen! Tydens die wêrelduitstalling vir insentiefreise (World Exhibition for Incentive Travel, IMEX) is die NWU se toewyding tot navorsingsuitnemendheid en maatskaplike geregtigheid herbevestig toe Emilé Coetzee as die wenner van die 2019 Toekomstigeleiers-forum gekroon is.

Emilé – ’n…

Applous vir UARM-graduandi

Die Sentrum vir Toegepaste Risikobestuur (UARM) het die akademiese sukses van sewe van sy meestersgraadstudente tydens die onlangse gradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark gevier.

Die studente het in die MCom Toegepaste Risikobestuur-program (MARM-program)gegradueer en verteenwoordig die vierde groep…

Golden Key verwelkom nuwe akademiese presteerders

Die onlangse erkenningseremonie vir nuwe lede van die Golden Key internasionale erevereniging het onlangs 250 studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark in hulle geledere verwelkom.

Dr Elmie Castleman, die direkteur van die Suider-Afrikaanse streek van die vereniging, het in haar toespraak die studente met…

Fakulteit poog om eerstejaarpaniek hok te slaan

Dis waar: om ʼn eerstejaarstudent by ʼn universiteit te wees, kan een van die mees opwindende, maar stresvolste oorgange wees wat ʼn jongmens kan ervaar! Dit is daarom bloot natuurlik dat jy dalk oorweldig sal voel deur jou nuwe omgewing, die verantwoordelikhede geassosieer met persoonlike vryheid en die druk wat daarmee gepaard gaan.

In die…

Game of Thrones speel sonder reëls

Game of Thrones verbreek al die reëls vir filmvervaardiging. Dit is waarom dit so suksesvol is. “Daar is reëls en wette vir die maak van films wat jy moet nakom, tensy jy ’n bepaalde effek wil skep, sê Phil Pretorius van die Skool vir Kommunikasiestudies op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.

Hy skryf die ongekende…

Gradeplegtigheid simboliseer ’n nuwe geslag wat ’n impak gaan maak

“’n Gradeplegtigheid is in wese ’n simboliese erkenning van ’n nuwe geslag leiers, meningsvormers, kundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ’n dag waar die doeners van môre na vore tree om raakgesien te word as trotse rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vordering.”

Só sê prof Linda du Plessis, adjunk-…

PhD-driekuns vir Van Schalkwyk-gesin

ʼn Baie trotse dr Schalk van Schalkwyk senior het toegekyk hoe albei sy seuns in sy voetspore volg. Hugo en Schalk junior het albei hul PhD-grade tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.

Dr Van Schalkwyk senior was ʼn dosent op die kampus totdat hy in 2011 afgetree het.…

Vra ʼn ekonoom: wat verwag die industrie van my?

As die rol van geld in die wêreld daarbuite jou fassineer, jy ʼn vernuftige probleemoplosser is én ʼn gawe vir analitiese redevoering het, is die kanse redelik goed dat jy vir ʼn BCom-graad in ekonomie ingeskryf is. 

Indien wel, teken die 16de April 2019 in jou dagboek aan en maak seker jy woon die volgende werkswinkel van die geaffilieerde…

Inligting oor maatskaplike dienste is net ’n toep weg vir senior burgers

In ’n stowwerige straat van ’n dorpie in Noordwes moedig ’n groep 12-jariges mekaar luidkeels aan terwyl hulle kgati, ’n inheemse speletjie, met ’n springtou speel. Namate die speletjie ernstiger raak, hoor een van hulle haar ouma vanuit die kombuis roep en haar vra om gou na hulle wyksraadslid se huis toe te gaan om te hoor of die maatskaplike…