Akademiese nuus

Dothraki en ander subkulturele tale – die fokus van ’n unieke PhD-studie

“Me zisosh disse”. Dit is net ’n vleiswond. Dit sal beslis goeie nuus wees as jy gewond is en een van dié taal se moedertaalsprekers is. Dit is Dothraki en is die fantasietaal wat vir die televisiereeks Game of Thrones geskep is. Die taal word vandag gepraat deur ’n beduidende getal mense wat aan ’n subkulturele groep in die samelewing behoort…

Innoverende navorsing beloon NWU-dosent met PhD

Dit was ’n trotse oomblik op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toe Taty Dekoke, ʼn dosent in Frans, sy PhD in linguistiek en literêre teorie ontvang tydens die herfsgradeplegtigheid wat onlangs op die kampus plaasgevind het.

In sy tesis, The changing language repertoires of Congolese migrants in the Vanderbijlpark,…

PhD-gegradueerde ondersoek hoe Nigeriese tersiêre leerders Engels onder die knie kry

’n Trotse Remilkun Iyabo Adeyemi het onlangs haar PhD in Engels tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.

Die Nigeries-gebore Adeyemi wat onder die wakende oog van haar studieleier, prof Bertus van Rooy gestudeer het, het haar graad met die tesis genaamd A corpus-based…

NWU PhD graduate contributes to international literature

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het met trots ’n PhD in Engels aan Manuela Fernandes-Martins, akademiese ontwikkelaar aan die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) gedurende die onlangse herfsgradeplegtigheid toegeken.

In haar tesis, An evaluation of a franchised supplementary programme in English as a second…

Jongklomp wen internasionale innoveringstoekenning vir robotikaprojek

Drie elfjarige kinders van Vanderbijlpark – Izabelle Bothma, Ewald Harmse en Wilmar Pretorius – het ’n robot ontwerp wat reddingspanne kan help om iemand te vind wat onder die sneeu toegeval is. Hulle vindingrykheid het vir hulle die innoveringstoekenning by die onlangse Robotika Wêreldkampioenskap gewen.

Maar hoe hou hierdie merkwaardige…

Bloemis Yolanda blom toe eintlik in die onderwys

ʼn Mens kan nie help om te wonder of Yolanda Fourie in haar matriekjaar aan die Hoërskool Transvalia geweet het wat vir haar in die toekoms wag nie. Het sy ooit, terwyl sy as bloemis tussen die blomme werksaam was, geweet waar sy eintlik eendag sou blom? Sou sy kon dink dat sy eendag op die verhoog by ʼn gradeplegtigheid van die Noordwes-…

NWU rector shares lessons learned from #Feesmustfall

Prof Linda du Plessis, waarnemende rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark, het onlangs as hoofspreker by die 2017 PMR-toekennings wat by die Riverside Hotel in Vanderbijlpark gehou is, opgetree.

Prof Du Plessis het die gehoor, wat uit lede van die privaat en openbare sektore in die Sedibeng-…

Grondwetkommissaris gaan programrede by Sosiale Wetenskappe-konferensie lewer

Bernedette Muthien, internasionaal-erkende Suid-Afrikaanse kundige wat betref geslagsgelykheid, geweldloosheid, en geslagsgebaseerde geweld, sal as hoofspreker optree by die agste Internasionale Konferensie oor Sosiale Wetenskappe - ’n samewerkingsprojek tussen die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus  en die Sosiale Wetenskappe…

Web-gebaseerde platform vir spraaktranskripsie om SA Parlement te help

Met 11 amptelike tale in Suid-Afrika gaan dit nooit ’n maklike taak wees om ’n doeltreffende dog bekostigbare manier te kry om spraak na teks te transkribeer nie. Dit gaan egter verander met behulp van die innoverende denke van navorsers wat ’n oopbron-, web-gebaseerde platform vir spraaktranskripsie skep.

Navorsers van die Noordwes-…

Van oorlewing tot groei: skep ’n beter toekoms vir slagoffers van seksuele misbruik

Die hartverskeurende realiteit van die seksuele misbruik van kinders is ’n wêreldwye euwel wat twee navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) aanpak deur oorlewendes te help om hulle trauma te hanteer en te groei.  

Die wêreldwye voorkoms soos dit in 22 lande gemeet is, dui daarop dat 18% tot 20% van meisies en 8% tot 9% van seuns hierdie…