Applous vir UARM-graduandi

Die Sentrum vir Toegepaste Risikobestuur (UARM) het die akademiese sukses van sewe van sy meestersgraadstudente tydens die onlangse gradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark gevier.

Die studente het in die MCom Toegepaste Risikobestuur-program (MARM-program)gegradueer en verteenwoordig die vierde groep MARM-alumni sedert die twee jaar lange deeltydse program in 2014 bekend gestel is.

Hierdie graduandi het die ses modules geslaag waaruit die eerste jaar van die program bestaan, plus ’n skripsiestudie in hulle tweede jaar. Elke student se finale navorsingsprojek het ’n toegepaste risikokultuurverwante navorsingsvraag ondersoek, en sodoende waardevolle leerervaring en kennis tot die Optentianavorsingsprogram oor die verbetering van risikokultuur bygedra.

Volgens prof Hermien Zaaiman, medeprofessor en bestuurder van UARM, is die hoë gemiddelde punt van 73% in die MARM bewys van die harde werk van die studente en span tydens die duur van die program.

Drie van die graduandi het ’n onderskeiding in die program behaal: Jaco van Wyk (topstudent vir hierdie groep), Michael Jeffries en George Cavaleros.

* die UARM word in de Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gehuisves.

 

 

Submitted on Thu, 05/16/2019 - 14:17