Optentia gaan tweede Stats Camp Suid-Afrika aanbied

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea het in 2019 geskiedenis gemaak deur die heel eerste Stats Camp Suid-Afrika aan te bied. Hulle sal in 2020 weer eens hulle kant bring en hierdie internasionaal-erkende opvoedkundige geleentheid aanbied.

Die ontledingswegbreekgeleentheid wat oor vier dae plaasvind, word in die laaste week van April 2020 gehou en die doel daarvan is om die analitiese vaardighede in sosiale en sielkundige navorsing op voorgraadse en nagraadse vlak te bevorder. Optentia gaan hierdie jaar met twee internasionale kundiges oor statistiese ontleding, prof Todd D Little en prof Rens van de Schoot, saamwerk om die wegbreekgeleentheid aan te bied.

Hierdie gebeurtenis sal voorts kundiges uit ’n wye verskeidenheid statistiese en metodologiese dissiplines bymekaarbring om navorsers te help om enige probleme wat hulle met hulle navorsingsprojekte kan hê, te help oplos.  Volgens prof Ian Rothmann, die navorsingsdirekteur by Optentia, vorm die instrukteurs en onderrigassistente ’n samewerkingsnetwerk wat navorsers met die navorsingsproses help.

“Stats Camp-ontledingswegbreekgeleenthede is uiters relevant vir huidige tendense en praktyke in moderne gevorderde statistiese ontleding,” verduidelik prof Rothmann, en voeg by dat hulle navorsers in staat stel om direkte praktiese onderrig te ontvang wat praktiese waarde het. 

Besoek Stats Camp Suid-Afrika se webwerf vir meer inligting.

*Daar word elke jaar week lange Stats Camps en Mini Camps op plekke regoor die wêreld aangebied.

     

Internasionale kundiges Prof Todd D Little en Prof Rens van de Schoot.

 

Submitted on Mon, 01/20/2020 - 15:54