Vanderbijlparkkampus-nuus

Rusland se inval in Oekraïne: wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse verbruikers?

Rusland se inval van Oekraïne het skokgolwe regoor die wêreld gestuur en beduidende onsekerheid in wêreldmarkte veroorsaak.

Hoewel ons geografies ver van hierdie strydende lande is, beteken die moderne era van globalisering en sterk integrasie van markte deur handel en finansiële vloei dat Suid-Afrikaners moontlik die uitwerking daarvan aan hulle beursies sal voel.  

Die media en nuusagentskappe het sedert die begin van die inval baie gespekuleer om te probeer vasstel watter potensiële uitwerking dit op plaaslike ekonomiese toestande kan hê. Sommige ontleders waarsku dat ’n… Read more

Vierde industriële revolusie het ’n nuwe soort leierskap nodig

Die vierde industriële revolusie gaan ’n fundamentele verandering bring in die manier waarop ons leef, werk en met mekaar omgaan. Dit bring ook ’n nuwe rigting in sakeleierskap mee. Met ongeëwenaarde verandering wat aan die orde van die dag is, kom die vraag na vore of Suid-Afrikaanse leiers gereed is om die mas op te kom in ’n werksomgewing wat…

Hier kom die volgende geslag ekostryders

Die toekoms van ons planeet is dalk nie so donker as wat talle mense voorspel nie. ’n Navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) doen haar deel om ’n nuwe geslag ekostryders toe te rus met kennis en toewyding om waterskaarste en ander uitdagings wat met klimaatsverandering te doen het, te bestry.

Dr Irene Muller van die Fakulteit…

Klein krieketspelertjies, groot drome!

As die Proteas se afrigter, Ottis Gibson, die jong talent by die onglangse KFC minikrieketdag, wat by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus gehou is, kon sien, sou ouens soos AB de Villiers, JP Duminy en Kagiso Rabada iets gehad het om oor bekommerd te wees.

Tydens hierdie gebeurtenis het spelers so jonk as ses jaar gewys…

UARM verwelkom nuwe buitengewone professor

Die Sentrum vir Toegepaste Risikobestuur (UARM) gaan die Nederlandse navorsingspionier prof Gert Jan Hofstede as ’n buitengewone professor in sy midde verwelkom.

Prof Hofstede sal op 19 November 2018 sy prestigelesing by die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark lewer.

Die onderwerp van sy prestigelesing is “…

NWU-kundiges besoek Sentraal-Europa om internasionale samewerking ’n hupstoot te gee

Internasionalisering is ’n top strategiese prioriteit vir die Noordwes-Universiteit (NWU). Hierdie praktyk verbeter nie net die gehalte van onderwys nie, maar bevorder ook kennistransformasie en ‑verkryging, die mobilisering van talent ter ondersteuning van wêreldwye navorsing, en die bevordering van die kurrikulum met internasionale inhoud.…

Nuwe baadjie vir NWU-intervensieprogram

Wat as ’n intervensieprogram begin het om graad 12-leerders te help wat met rekeningkunde sukkel, het tot een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se grootste gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte gegroei.

Wanneer 2019 aanbreek, sal hierdie geslaagde betrokkenheidsprojek ’n nuwe baadjie hê en as die NWU Sedibeng Rekeningkundeprojek bekend staan…

Maatskaplike aanpassing in post-apartheid-SA

Die lewe in post-apartheid-Suid-Afrika moet nog verstaan word. Hierdie uitdaging, asook die strategiese voorneme van die Noordwes-Universiteit (NWU) om maatskaplike geregtigheid te bevorder, daag die samelewing uit om die “sosiale” begrip vanuit ’n perspektief van maatskaplike geregtigheid meer indringend te beskou.

Volgens die…

Alles is gereed vir die jaarlikse Ekogesondheid en Welstand-navorsingskonferensie

Om navorsing oor ekogesondheid en welstandsonderwerpe in multidissiplinêre omgewings te komplementeer, bied die Noordwes-Universiteit (NWU) die 9de jaarlikse Ekogesondheid en Welstand-navorsingskonferensie op 15 en 16 November 2018 aan.

Die konferensie verskaf ’n geleentheid vir navorsingsinisiatiewe van veral hoër onderwys en opleiding (…

Ons het almal ’n plek in die geskiedenis

As geskiedkundige word prof Elize van Eeden dikwels met vrae oor relevansie van die studie van geskiedenis gekonfronteer. Haar antwoord vir sulke kritici? “Geskiedenis is onontkombaar en alle mense leef ’n stuk geskiedenis.”

Tydens ’n onlangse toekenningseremonie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Geesteswetenskappe op die…

Wanneer poppe praat, luister kinders!

Die energie in die vertrek vol vyfjariges is amper tasbaar. Die oomblik wanneer die musiek begin speel en die fluweelgordyne oopskuif, blink hulle ogies van verwondering en almal raak stil. Dit is tyd vir die poppe om te praat en die kinders om te luister.

’n Poppespel speel ’n belangrike rol in die deel van kennis, veral wat jong kinders…