Alles is gereed vir die jaarlikse Ekogesondheid en Welstand-navorsingskonferensie

Om navorsing oor ekogesondheid en welstandsonderwerpe in multidissiplinêre omgewings te komplementeer, bied die Noordwes-Universiteit (NWU) die 9de jaarlikse Ekogesondheid en Welstand-navorsingskonferensie op 15 en 16 November 2018 aan.

Die konferensie verskaf ’n geleentheid vir navorsingsinisiatiewe van veral hoër onderwys en opleiding (HOO) wat op multidissiplinêre maniere uitgevoer word. Navorsers en kundiges op die gebied van ekogesondheid en menslike welstand sal by die Lord’s Signature Hotel in Meyerton, Gauteng bymekaarkom om oor ’n reeks onderwerpe te praat.

Die hoofspreker is prof Henk Bouwman van die NWU se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, en die onderwerp is “Plastiek, die gemeenskap, die omgewing en die ekonomie van Suid-Afrika”.

Tydens die verloop van die tweedagkonferensie sal ’n totaal van 20 akademiese referate deur kundiges van verskillende instellings vir hoëronderrig- en nasionale regeringstrukture gelewer word. Dit sluit onder andere in: die NWU, die Universiteit van Limpopo, die Tshwane Universiteit van Tegnologie, UNISA, en Rhino Connect.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan Lauren.Hobbs@nwu.ac.za of Lebo.Serobane@nwu.ac.za.

* Die konferensie se fasiliteerder is prof Elize van Eeden, die waarnemende adjunkdirekteur van die Skool vir Sosiale Wetenskappe in die Fakulteit Geesteswetenskappe.

Submitted on Tue, 11/20/2018 - 08:22