Ons het almal ’n plek in die geskiedenis

As geskiedkundige word prof Elize van Eeden dikwels met vrae oor relevansie van die studie van geskiedenis gekonfronteer. Haar antwoord vir sulke kritici? “Geskiedenis is onontkombaar en alle mense leef ’n stuk geskiedenis.”

Tydens ’n onlangse toekenningseremonie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Geesteswetenskappe op die kampus in Vanderbijlpark, het prof Van Eeden studente in die Geskiedenis-vakgroep vir hulle passie vir en toewyding aan die vak geloof.

Volgens prof Van Eeden, die waarnemende adjunkdirekteur van die Skool vir Sosiale Wetenskappe, verbind geskiedenis gebeure oor die tyd heen en moedig dit die studente daarvan om met ’n wye lens na hierdie verbande te kyk.

“Wanneer jy die skakels tussen die hede en die verlede verstaan, het jy groter begrip vir die menslike toestand. Die vak is dus nie net nuttig nie, dit is noodsaaklik,” verduidelik prof Van Eeden.

By die toekenningseremonie het studente, vanaf eerstejaars tot nagraadse studente, erkenning vir hulle akademiese prestasies ontvang, en dit het verskeie spesiale toekennings ingesluit: beste akademiese opstel; toppresteerders (in elke module); toppresteerder (2016–2017); konsekwente presteerder (2016–2018); en beste navorsingsprojek. Daar is hierdie jaar ook vir die eerste keer ’n dux-toekenning vir Geskiedenis gemaak.

Toe sy die ontvangers van die spesiale toekennings aangekondig het, het prof Van Eeden gesê dat elke vakgebied – insluitende geskiedenis – ’n unieke en spesiale taal van begrip het. Hierdie begrip is in kennis, vaardighede, wysheid en ontwikkelings gevestig en moet in navorsing, skryfwerk en artikulasiestyle tot uiting kom om waarde toe te voeg.

“Geskiedenis as ’n akademiese vak bied vir sommige studente ’n uitdaging, maar daar is diegene wat daarin slaag om uit te styg omdat hulle die impak en waarde van die vakgebied verstaan. Hulle “praat” die taal en dit is in hulle take, toetse en praatjies waarneembaar,” sê prof Van Eeden.

Ontvangers van spesiale toekennings

Beste akademiese opstel

Zinhle Silinda

Banele Mthembu

Lebohang Nkosi

Palesa Khumalo

Molebohang Mabaso

Toppresteerders

Corli Jannasch

Nonhlanhla Mazibuko

Lerato Nkomo

Masabata Mbele

Toppresteerder

Nonhlanhla Mazibuko (2016–2017)

 

Konsekwente presteerder

Palesa Khumalo (2016–2018)

Beste navorsingsprojek

Annadine Smit

Dux-toekenning vir Geskiedenis

Nonhlanhla Mazibuko

 

Geskiedenisdosente saam met die heel eerste wenner van die dux-toekenning vir Geskiedenis. Van links is Tumi Leta, prof Elize van Eeden, Nonhlanhla Mazibuko (ontvanger), dr Claudia Gouws en Charmaine Hlongwane.

 

Submitted on Tue, 11/20/2018 - 08:20