Uitvoerende dekaan gaan waarnemende regter in die Hoë Hof wees
Om as regter aangestel te word, is die toppunt van prestasie vir enige regskundige, en die hoogste erkenning van ’n persoon se vermoë en verbintenis tot geregtigheid. Om as regter in die hoër howe van die land te dien, is ’n gesogte eer wat deur die meeste mense in die regsgemeenskap nagestreef word.