Gerontologie: Voeg lewe by die jare van ouer mense in Afrika
Binne die volgende 30 jaar gaan die getal ouer mense in Afrika van 46 miljoen tot 170 miljoen toeneem. Dit is die probleem wat die vasteland teen 2050 in die gesig gaan staar, het prof Jaco Hoffman van die Optentia-navorsingsfokusarea tydens ‘n onlangse kursus oor sosiale gerontologie in Suider-Afrika gesê.