Die Sentrum vir Toegepaste Risikobestuur (UARM) het die akademiese sukses van sewe van sy meestersgraadstudente tydens die onlangse gradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark gevier.
ʼn Tweeling trek altyd aandag, en so is dit ook die geval met Franick en Winé Steyn. Vyftien jaar nadat dié twee graad 1 saam aangedurf het, het die susters onlangs ook hul gradedag saam gevier tydens die herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark.
“’n Gradeplegtigheid is in wese ’n simboliese erkenning van ’n nuwe geslag leiers, meningsvormers, kundiges, kunstenaars, wetenskaplikes en entrepreneurs. Kortom: ’n dag waar die doeners van môre na vore tree om raakgesien te word as trotse rentmeesters van volhoubaarheid, innovasie en vordering.”
ʼn Baie trotse dr Schalk van Schalkwyk senior het toegekyk hoe albei sy seuns in sy voetspore volg. Hugo en Schalk junior het albei hul PhD-grade tydens die onlangse herfsgradeplegtigheid op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark ontvang.
As die rol van geld in die wêreld daarbuite jou fassineer, jy ʼn vernuftige probleemoplosser is én ʼn gawe vir analitiese redevoering het, is die kanse redelik goed dat jy vir ʼn BCom-graad in ekonomie ingeskryf is.
Skoolbenodigdhede soos skryfbehoeftes is nie goedkoop nie. Vra enige ouer, veral diegene in die laer inkomstegroepe: dit kan ʼn moeilike en stresvolle taak wees. Hierdie stres word egter as soveel erger ervaar deur die leerders wat gevolglik sonder hierdie noodsaaklike items moet klaarkom.
Ekonomiese onstabiliteit het die wyse verander waarop maatskappye bedryf word. Die dae waar besluite uitsluitlik met behulp van voorspellings en projeksies geneem is, is lankal iets van die verlede. Risikobestuur het ’n integrale deel van goeie bestuur en beheer geword.
Geleenthede moet sonder vooroordeel wees. Daar is ’n tekort aan vroulike entrepreneurs in die land, en die Noordwes-Universiteit (NWU) hanteer hierdie probleem deur die Ondernemende Vroue-program (EWP).
Suid-Afrikaanse beleidmakers en navorsers stem saam: ’n florerende klein-, medium- en mikro-ondernemingsektor (KMMO-sektor) is die sleutel tot werkskepping, ekonomiese volhoubaarheid en uiteindelik positiewe groei. Met die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat voorspel dat KMMO's teen 2030 90% van die beoogde 11 miljoen nuwe poste sal genereer, kan die toekoms baie helder wees.