Pers is die kleur van uitnemendheid, maar ook van herinnering
Gedurende die maand Desember gaan die drie hoofhekke van die Noordwes-Universiteit se kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark om ’n bepaalde rede pers verlig word.
Gedurende die maand Desember gaan die drie hoofhekke van die Noordwes-Universiteit se kampusse in Mahikeng, Potchefstroom en Vanderbijlpark om ’n bepaalde rede pers verlig word.
Studente en gegradueerdes van die NWU se Grafiese Ontwerp-vakgroep het weer eens geskitter toe hulle in die onlangse internasionale Loerie-toekennings en nasionale Pendoring-toekennings talle oorwinnings behaal en benoemings ontvang het.
Daar was oor die afgelope vyf maande talle verhale in die media oor slagoffers wat deur hulle lewensmaats getreiter, aangeval en selfs vermoor is. Volgens Statistieke SA is die voorkoms van geslagsgebaseerde geweld (GBV) in Suid-Afrika vyf keer hoër as die wêreldwye gemiddelde.
Prof Raymond Parsons, ekonoom by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dat die Monetêre Beleidskomitee (MBK) se jongste besluit om weer eens die rentekoers onveranderd te laat, te wagte was in die lig van die ekonomiese model waarop die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sy sake hanteer.
“Die MBK het weer eens naelskraaps met drie teen twee gestem om die repokoers onveranderd te laat, hoewel ekonomiese omstandighede nietemin steeds daarop dui dat die SARB ruimte gehad het om dit te verlaag as hy sou wou.”
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se navorsing oor die genetiese data van dwergpapegaaie, oftewel lovebirds (genus Agapornis), is by ’n omvattende internasionale voëlstudie ingesluit. Nege dwergpapegaaispesies kom inheems in Afrika en Madagaskar voor.
Die Noordwes-Universiteit se Ofentse Mokwena, ʼn vervoerekonoom, gooi sy blik op die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële- en bedryfstreuermare en gee ook sy voorstel vir oplossings.
Die sperdatum vir inskrywings vir die 2020-weergawe van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gewilde Leopard’s Lair-besigheidskompetisie kom nader, en alle studentepreneurs word uitgenooi om deel te neem.