Bly op datum

Hou op nies: navorsers doen gratis velpriktoetse op twee kampusse

Dit is lente en met al die aangenaamheid wat met die warmer weer en sonniger dae gepaard gaan, is daar ook vir talle mense ’n groot uitdaging : allergieë van die massas stuifmeel wat blomme, bome en gras vrystel en wat deur die wind oor groot afstande versprei word.

Stuifmeelallergieë kan ernstige gesondheidsimplikasies inhou vir mense wat aan toestande soos asma en allergiese rinitis ly. Die simptome van stuifmeelallergieë kan van die volgende insluit: ’n verstopte neus, ’n neus wat loop, ’n genies, ’n gehoes, en oë wat traan, jeuk of geïrriteer is.

Submitted on

Openbare lesing: ''Land, Land Reform and (Re)membering our Relationship with land''

Die Bevolking en Gesondheid-navorsingsentiteit by die Noordwes-Universiteit (NWU) was op Woensdag 28 Augustus 2024 die gasheer vir ’n openbare lesing wat deur dr Jackson Sebola-Samanyanga, senior lektor in die Departement van Stads- en Streeksbeplanning aan die Universiteit van Pretoria, aangebied is. Die geleentheid is op die Mahikengkampus gehou en het ’n uiteenlopende gehoor gelok. Die doel was om die kwessie van grond aan te raak, wat steeds met soveel passie in Suid-Afrika bespreek word.

Submitted on

NWU-kanselier vir haar uitmuntende leierskap vereer

African Women in Business (AWiB) en Regenesys Business School het die kanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) op 24 Augustus in Sandton tydens die toekenningseremonie by die AWiB se heel eerste konferensie met hulle gesogte Outstanding Leadership Award vereer.

Dr Anna Mokgokong, wat in 2019 as die NWU se kanselier ingehuldig is, het hierdie spesiale toekenning ter erkenning van haar entrepreneurskapsreis ontvang.  

Submitted on

Jong navorser ontvang NRF-toekenning vir uitnemendheid

Navorsing met ’n impak –  dit is waarvoor die Noordwes-Universiteit (NWU) bekend is. Die universiteit se navorsers skitter steeds nasionaal en internasionaal. Dit was weer eens duidelik by die onlangse toekennings van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van 2024, waar ’n jong NWU-navorser in die kategorie vir Vroeë Loopbaan/Opkomende Navorsers vereer is.  

Submitted on

News24 kies NWU-innoveerder as ’n Jong Mandela

Die nalatenskap en impak van voormalige president Nelson Mandela om mense se lewens ten goede te verander, is steeds iets om na te streef.

News24 het onlangs hulle Jong Mandelas vir 2024 gekies – en vier ’n nuwe geslag jong kampioene wat daartoe verbind is om die Suid-Afrika van Madiba se drome te bou.

Ian Thomson, ’n PhD-student en dosent in die Fakulteit Ingenieurswese van die Noordwes-Universiteit (NWU), is een van hierdie 30 buitengewone jongmense wat vir hulle merkwaardige prestasies gekies is.   Hy is as die wenner in die innovasiekategorie aangewys.

Submitted on