Hartseer en oorwinning vir NWU Eagles
Hartseer. ’n Allesoorheersende hartseer. ’n Hartseer wat voel soos wanneer jou enigste ware liefde jou die oggend voor die matriekafskeid afsê.
Hartseer. ’n Allesoorheersende hartseer. ’n Hartseer wat voel soos wanneer jou enigste ware liefde jou die oggend voor die matriekafskeid afsê.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tussen 9 en 11 Februarie 2022 gasheer gespeel vir die SASCOC Hoëprestasie-indaba wat by die Sports Village gehou is. SASCOC het hierdie strategiesebeplanningsessie gebruik om die prestasie van die Olimpiese en ander elitespanne van die afgelope vyf jaar in oënskou te neem, en om ’n strategiese plan vir die volgende paar Olimpiese siklusse te finaliseer.
“In die uitdagende ekonomiese omstandighede het die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, getoon dat Suid-Afrika se staatsfinansies in veilige hande is terwyl hy dit in die onmiddellike toekoms na skuldstabiliteit en fiskale volhoubaarheid stuur.”
Dit is vinniger as ’n oogknip, groter as ons hele heelal, en pulseer met ondenkbare intensiteit. Dit is een van die energierykste kosmiese gebeurtenisse wat tot op hede vanaf die aarde waargeneem en vasgelê is – ’n skokgolf wat oor 6,5 miljoen ligjaar strek.
President Cyril Ramaphosa het op 10 Februarie 2022 sy sesde staatsrede (SONA) gelewer sedert hy in 2018 tot die amp toegetree het. Dit was ’n toespraak waarvoor daar groot verwagtings was, en het ten doel om die algemene publiek en al die relevante belanghebbers in te lig oor die regering se vordering wat die afgelope jaar gemaak is, terwyl die planne en riglyne vir die jaar wat voorlê, uitgespel word.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Vrydag 18 Februarie sy amptelike akademiese opening op sy Mahikengkampus aangebied. As gevolg van Covid-19-regulasies het talle van die ander NWU-personeel en nuwe sowel as terugkerende studente die geleentheid virtueel bygewoon.
Die Departement Ontwikkeling en Fondswerwing van die Noordwes-Universiteit het onlangs ’n getroue donateur van die NWU se Ikateleng-projek ontvang om terugvoer te gee oor die uitslae van die leerders en om die moontlikheid van voortgesette steun vir 2022 te bespr
Die wêreldhandelsorganisasie (WHO) se leerstoelprogram in die TRADE-navorsingsentiteit (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) by die Noordwes-Universiteit (NWU) het ’n nuwe boek oor Afrika se digitale toekoms gepubliseer.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy plek onder die room van die oes van die plaaslike en internasionale universiteite op verskeie wêreldwye ranglyste van 2021 bevestig en sit hierdie jaar sy indrukwekkende prestasie op die ranglyste voort.
Times Higher Education (THE) Young University Rankings het die NWU algeheel derde in Suid-Afrika en 124ste internasionaal op sy ranglys van die wêreld se beste universiteite van 50 jaar oud en jonger geplaas. Die NWU was in 2021 ook oorkoepelend derde in Suid-Afrika op hierdie ranglys.