Bly op datum

NWU verwelkom nuwe VSR-lede

Die Noordwes-Universiteit (NWU) verwelkom sy pas verkose Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), wie se termyn amptelik op 6 September begin het.

Die huidige VSR sal vir ’n tydperk van een jaar onder die leierskap van die VSR-voorsitter, Yikumba Andreas, ’n gegradueerde in Bestuurswetenskappe en Bemarkingbestuur en tans ’n baccalaureusgraadstudent in Ekonomiese Wetenskap met Ekonomie en Risikobestuur, dien.

Submitted on Thu, 09/08/2022 - 07:54

NWU-professor gebruik stelseldenke om die konsep van leer te verander 

Prof Roelien Goede is passievol oor onderwys en het na Potchefstroom verhuis, waar sy in 2001 as dosent in die destydse Skool vir Rekenaarwetenskap, Statistiek en Wiskunde aangestel is.

Haar hoofnavorsingsfokus, waarvoor sy in 2018 ’n C2-gradering by die Nasionale Navorsingstigting (NNS) van Suid-Afrika ontvang het, is die verbetering van databewaring in Suid-Afrika met behulp van stelseldenke.

Die verbetering van databewaring sluit ’n fokus op tegniese verbeterings in en op die verbetering van die gereedheid van gegradueerdes om die databewaringsbedryf te betree.

Submitted on Tue, 09/06/2022 - 12:19

Bring biokinetika na die openbare sektor

Prof Hanlie Moss, navorsingsdirekteur van FASRek (Fisiese Aktiwiteit, Sport en Rekreasie) aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het haar meestersgraad in Biochemie voltooi, hoewel sy nog altyd ’n groot belangstelling gehad het in die wyse waarop die menslike liggaam beweeg.

Sy het gimnastiek afgerig terwyl sy haar BSc in Fisiologie en Biochemie voltooi het en het besluit om menslike bewegingskunde te bestudeer om ’n beter afrigter te word.

Submitted on Tue, 09/06/2022 - 11:54

Hou die ekonomiese bootjie vlot: waarom Suid-Afrika vroulike geoktrooieerde rekenmeesters nodig het

In tye van onrus en onsekerheid is kundigheid onontbeerlik. By die Noordwes-Universiteit (NWU) word potensiaal in kundigheid ontwikkel en gevorm tot ’n vaardigheid wat tot voordeel is van die samelewing wat deur die NWU bedien word. Daar is min gebiede wat hierdie situasie beter beskryf as dié van geoktrooieerde rekenmeesterskap.  In ’n land wat unieke uitdagings het, speel geoktrooieerde rekenmeesters (GR’e) ’n baie belangrike rol om welvarendheid te bevorder. Dit is ’n gebied wat deur diversiteit gekenmerk word en daar is vele geleenthede.

Submitted on Mon, 08/29/2022 - 09:16

NWU word die tennisparadys

Pot, stel en wedstryd. Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gaan die land se voorste tennisbestemming word wanneer vyf nuwe kleibane voltooi is. Hierdie bane, saam met tien hardebane en twee grasbane, maak dat die NWU ongeëwenaar is vergeleke met die aanbiedings van ander instellings wat bane en geriewe betref.

Die NWU is alreeds ’n gesogte gasheer, danksy die suksesvolle aanbieding van talle nasionale en internasionale toernooie soos die Davisbeker-uitkloprondte tussen Suid-Afrika en Nederland.

Submitted on Thu, 08/25/2022 - 17:28

Masjien- en diepleer is deel van MUST by die Noordwes-Universiteit

Ons wêreld beweeg al hoe vinniger, en deur al die eeue van ons bestaan, kon ons nog nooit so vinnig soek, so ver reis of so diep delf nie. Ons het in die laaste eeu alleen ’n verbasingwekkende toename in die insameling van data gesien, en ons kan ongelooflike hoeveelhede inligting stoor om ons te help om bekende en onbekende probleme op te los. Die vermoë om hierdie geweldige hoeveelheid data optimaal te benut sal op ’n stadium buite ons bereik wees, maar nie buite die bereik van die instrumente wat ons gemaak het nie.

Submitted on Thu, 08/25/2022 - 17:21

Deidre mik om vir Olimpiese Spele te kwalifiseer

Hierdie tyd van die jaar klou die humiditeit in Nigerië se hoofstad, Lagos, soos kleefgom aan jou lyf vas. Dit is drukkend, aanhoudend. Dan is daar Benin, Nigerië se susterland aan die westekant, net ʼn duisend kilometer bo die ewenaar. Die hawestad Cotonou is vasgevang tussen die Atlantiese Oseaan en Nokoué-meer, waar dit bekend is dat seerowers amok saai.

Hierdie bestemmings is in die Noordwes-Universiteit (NWU) se pluimbalkampioen, Deidre Jordaan, se visier ná ʼn geskiedkundige, hoewel hartbrekende, Statebondspele-veldtog.

Submitted on Thu, 08/25/2022 - 17:04

Skaakmat is Anais Saayman se kos

“Die ‘s’ is silent,” verduidelik die pas 20-jarige Anais. “Jy spreek dit uit soos ‘A-ny’.” Om mense reg te help met die uitspraak van haar naam is tweede natuur. “Ek is al gewoond daaraan,” lag sy.

Dit is egter op die skaakbord waar dié oud-leerling van Potchefstroom Gimnasium en nou BCom Toerismebestuur-student by die Noordwes-Universiteit (NWU) die meeste van haar praatwerk doen. Kyk, hier is nou vir jou ʼn skaakfundi as jy nog nooit een gesien het het nie.

Submitted on Thu, 08/25/2022 - 15:57

Ali Bacher, hy sal weet

Hy is dalk klein van statuur, maar almal weet hy is gróót van gees. Dr Ali Bacher, Suid-Afrika se befaamdste krieketadministrateur, wat op 80-jarige ouderdom steeds wêreldwye aansien geniet, het vandeesweek die Noordwes-Universiteit (NWU) besoek om genoeg lewenslesse en staaltjies te deel om boeke vol te maak.

Hierdie gaslesing is deur die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aangebied en deur die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie gereël, en mensig, dit was interessant.

Waar om te begin?

Submitted on Wed, 08/24/2022 - 11:19

Skielik kán hulle – studente ervaar sukses ná harde werk

Daar was die afgelope paar jaar nie naastenby genoeg skoolverlaters wat aan die minimum vereistes vir toelating tot tersiêre studiegebiede soos Ingenieurswese, Natuurwetenskappe, Ekonomiese Wetenskappe en Gesondheidswetenskappe voldoen het nie. Só sê Elza Hattingh van die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ingenieurswese wat aan die hoof staan van die fakulteit se Xcel-program – ’n inisiatief wat aan studente ’n tweede kans bied om hulle vorige graad 12 Senior Sertifikaat-eksamenuitslae in Wiskunde en Fisiese Wetenskap te verbeter.

Submitted on Tue, 08/23/2022 - 09:37