Bly op datum

Eenheid vir Voortgesette Opleiding ’n konstante in die verskaffing van geleenthede vir die opgradering van vaardighede

Tyd is ’n kommoditeit wat nie oral ewe volop is nie. Die tyd wat jy het, moet optimaal benut word, veral in ’n vinnige wêreld waar die deurlopende ontwikkeling van ’n mens se vaardighede noodsaaklik is om in die werkplek relevant te bly. Ons woon in ’n wêreld waar stagnasie baie nadelig vir ons toekoms is. Dit is waar die Eenheid vir Voortgesette Opleiding (EVO) aan die Noordwes-Universiteit (NWU) die gaping oorbrug tussen waar ons ons tans bevind, die tyd wat tot ons beskikking is, en waar ons graag wil wees.

Submitted on

Maties stuit Eagles se droombegin

Daar kom die Noordwes-Universiteit Eagles se droombegin vir hulle Varsitybeker-veldtog tot ʼn einde. ʼn Naelskraapse 31–28 nederlaag teen Maties Maandagaand 6 Maart op die Fanie du Toit-sportterrein beteken dat die Eagles se segetog van twee agtereenvolgende oorwinnings nou iets van die verlede is, maar dit het op ’n stadium gelyk of die teendeel waar gaan wees.

Submitted on

Daar is niks kleins aan nanotegnologie by die Noordwes-Universiteit nie

Eenduisendmiljoenste van ’n meter. Of om dit anders te stel: eenbiljoenste van ’n meter. Hierdie ongelooflike klein meting word ’n nanometer genoem en die wêreld van nanotegnologie funksioneer tussen 1 en 100 nanometer. Dit is ook hier waar die Noordwes-Universiteit (NWU) nuwe maniere vind om siektes hok te slaan, die omgewing te help beskerm en om materiaal te ontwikkel wat volhoubaarheid wil bevorder.

Submitted on

Paneellede dink na oor resessierisiko’s in Suid-Afrika ná die Begroting

Indien die verhoogde fiskale risiko’s sou materialiseer wat in die Begrotingstoespraak op 22 Februarie 2023 uiteengesit is, kan die Suid-Afrikaanse ekonomie later hierdie jaar goedskiks in ’n resessie verval, sê ’n paneel kundiges wat vandag tydens ’n Pitso van die NWU Besigheidskool die Begroting bespreek het.

Submitted on

Riaan Genis: Dit is sy tyd

Dit was so onverwags soos ’n bliksemstraal op ’n sonnige dag. Die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles het ’n paar maande gelede in ’n opwarmingswedstryd teen Wits gespeel.

Die gelukbringerkaptein Ruan "Sampie" Swiegers het die span op die veld gelei. Nadat hy die Eagles se kaptein tydens die 2022 Varsitybeker was, het hierdie vasskopstut sy posisie as die Eagles se de facto-leier gevestig. En toe slaan die noodlot toe. Hy maak sy knie seer.

Submitted on

James Small se groot impak

Hy het sy hart op sy mou gedra. Vreesloos. ’n Kort humeur. Emosioneel. Stoute derduiwel. Pierewaaier. Kapokhaan van formaat. Hy was berug. Joernaliste het sy manewales soos soetkoek opgeëet en dié begaafde vleuel het dit met oorgawe opgedis. James Terence Small – 47 toetse, 20 drieë. Die eerste Suid-Afrikaner wat met ʼn kaart van die veld gestuur is. Dit was 1993 en Suid-Afrika meet kragte met Australië. Boesemvriend en skrumskakel Robert du Preez word deur die Engelse skeidsregter, Ed Morrison, gestraf, en die besoekers is nie gelukkig met die besluit nie.

Submitted on

Begrotingstoespraak is ’n geloofwaardige reaksie op ekonomiese uitdagings

Die toespraak oor die 2023 Begroting was ’n verrassingvrye, pragmatiese en geloofwaardige reaksie op ’n stel uitdagende internasionale en plaaslike ekonomiese omstandighede.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, het kommentaar gelewer op die 2023 Begroting wat deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, aan die parlement voorgelê is.

Submitted on

NWU Besigheidskool was gasheer vir PITSO oor Ramaphosa se staatsrede

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool het sy derde PITSO-bespreking vir 2023 aangebied, waartydens kundiges gesprek gevoer het oor die president se staatsrede, wat op 9 ’n 2023 gehou is. Daar was 184 teenwoordiges en onderwerpe wat bespreek is, het die huidige energieprobleem, kwessies wat met die huidige energiekrisis te doen het, ekonomiese groei en die werklikheid van misdaad, korrupsie en hernuwing ingesluit.

Submitted on