Die Noordwes-Universiteit betoon hulde aan die akteur Hans Strydom en ander baanbreker-alumni

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tien merkwaardige vakkundiges vereer by sy gesogte tweejaarlikse Alumni Excellence Awards-seremonie wat op 30 Oktober in Pretoria gehou is.

Hierdie jaar se hoogaangeskrewe ontvangers sluit die Suid-Afrikaanse veteraanakteur Hans Strydom, die Wêreldbeker-krieketster Tazmin Brits, en die gesondheidsekonoom prof James Avoka Asamani in.

Die NWU gee deur die Alumni Excellence Awards erkenning aan buitengewone alumni wie se werk ’n blywende impak op hulle onderskeie gebiede en in die samelewing gemaak het.

Die 2025-ererol bevat tien uitmuntende individue uit uiteenlopende invloedsfere. Onder hulle is ’n opvoeder en digter wat die Setswana-letterkunde bevorder, ’n visionêre leier in sakegeleenthede, ’n innoveerder wat op die gemeenskap fokus, ’n baanbreker op die gebied van positiewe organisasiesielkunde en ’n internasionale mediastrateeg.

Die Lifetime Achievement Award is aan Hans Strydom toegeken ter erkenning van sy baanbrekerbydraes tot Suid-Afrikaanse televisie en film, asook sy onvermoeide ywer om uitvoerende kunstenaars se regte te bevorder. Adv Dr Johan Kruger SC, voormalige voorsitter van die NWU Raad, het ’n spesiale toekenning (Special Award) ontvang vir sy leierskap tydens deurslaggewende hoofstukke in die geskiedenis van die universiteit.

Die 2025 NWU Alumni Excellence Award-ontvangers is:

Adv Dr Johan Kruger SC – Spesiale toekenning

Lesego Motlhankane – Kuns en Kultuur

Taubie Tebogo Motlhabane – Besigheidsleierskap

Dr Kutlwano Mukokomani – Gemeenskapsbetrokkenheid

Prof James Avoka Asamani – Opvoedkunde

Dr Boitumelo Semete-Makokotlela – Openbare Diens

Prof Ian Rothmann – Navorsing

Tazmin Brits – Sport

Delmari van Zyl – Jong Alumnus

Hans Strydom – Leeftydprestasie

Die NWU Alumni Excellence Awards, wat nou vir die negende keer toegeken word, gaan voort om die trotse tradisie van die universiteit te vier om leiers te produseer wat verandering regoor dissiplines heen bevorder. Vorige ontvangers sluit van Suid-Afrika se mees gerespekteerde persone in, soos prof Kobus Eloff, prof Anis Karodia, regter Yvonne Mokgoro, prof Mzubanzi Bismark Tyobeka, adv Andy Mothibi, prof Pieter Stoker, mnr FW de Klerk, regter Frans Kgomo, prof Fika Janse van Rensburg en prof TT Cloete.

Prof Mzubanzi Bismark Tyobeka, hoof en visekanselier, sê die nalatenskap van die NWU is nie in graniet gegiet nie, maar in lewens. “Ons vereer vanaand merkwaardige individue en vier kollektiewe prestasie. Elke naam wat ons noem, weerspieël verbintenis tot die oortuiging dat kennis die mensdom moet dien, en dat opvoeding ’n blywende plig het om ander op te hef.”

Prof Tyobeka sê elke suksesverhaal wat vertel word, dien as ’n duidelike demonstrasie dat wanneer een alumnus uitstyg, die universiteit self uitstyg. “Ons plig is om daardie opgangsproses ter laat voortduur, om te verseker dat die lig wat eens by ons hekke uit is nooit verdof nie, maar eerder helderder brand deur elke diens wat verrig word, en deur elke daad van innovasie en meelewing. Dit word hernu elke keer wanneer een van ons gegradueerdes met integriteit lei, met moed skep en met nederigheid dien. Mag die Noordwes-Universiteit voortgaan om as baken van daardie lig te staan – gewortel in vakkundigheid en verlig deur die prestasies van sy mense.”

Vir meer inligting oor die wenners besoek: https://www.nwu.ac.za/nwu-alumni/alumni-awards-recipients-2025.

Klik hier vir ’n video van elke ontvanger 

Klik hier vir ’n foto besoek 

Alumni toekennings

Vanjaar se ontvangers van die NWU se Alumni Excellence Awards is Dr Boitumelo Semete-Makokotlela (Openbare Diens), Taubie Tebogo Motlhabane (Opvoedkunde), Hans Strydom (Leeftydprestasie), Adv Dr Johan Kruger SC (Spesiale toekenning), and Prof James Avoka Asamani (Opvoedkunde). Agter is Dr Kutlwano Mukokomani (Gemeenskapsbetrokkenheid), Lesego Motlhankane (Kuns en Kultuur), Prof Ian Rothmann (Navorsing), Zeldine Brits names Tazmin Brits (Sport), en Delmari van Zyl (Jong Alumnus).

Submitted on