Blaarskroei by mielies het komplekse oorsake, maar kan bestry word
Blaarskroei by mielies is ’n bedreiging vir voedselsekerheid, en hoewel dit komplekse oorsake het, kan dit doeltreffend bestuur word. Dit is een van die bevindings van ’n groep navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) wat hierdie plantsiekte by die universiteit se Molelwane-plaas in Mahikeng ondersoek.