Navorsing

NWU se Fakulteit Gesondheidswetenskappe gee erkenning vir uitnemendheid in navorsing en innovasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe het op 18 November 2020 vir die eerste keer ʼn Navorsing en Innovasie Toekenningseremonie aangebied om erkenning te gee aan die harde werk en prestasies van die fakulteitslede.

Die fakulteit het die prestasie van navorsers volgens gestelde kriteria bereken – nie net is die getal uitsette bereken nie, maar ook die impakfaktor van publikasies en die gehalte van die vaktydskrifte waarin die uitset gepubliseer is.

Submitted on

Pre-TSD en die Covid-19-onsekerheid

Die impak van die Covid-19-epidemie op ons geestesgesondheid kan nie onderskat word nie. Vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief het maande van harde inperking die manier verander waarop ons leef, die manier waarop ons werk en selfs die manier hoe ons funksioneer. Op sielkundige vlak kon ons nie heelhuids daarvan afkom nie.

Submitted on

Borsvoeding bo

Daar is onweerlegbare bewyse dat om babas die eerste ses maande van hulle lewe te borsvoed, talle langtermyngesondheidsvoordele vir ’n kind inhou. ’n Groot getal Suid-Afrikaanse vroue doen dit egter nie.

Submitted on