Mensebelange
Steratleet Chederick praat uit Tokio
Een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se gunstelingseuns, Chederick van Wyk, bevind hom tans saam met ʼn uitgelese groep Suid-Afrikaners wat die land se vlag tydens die Olimpiese Spele in Tokio, Japan gaan swaai.
NWU Eagles vlieg Tokio toe
Die ganse wêreld gaan kyk, en wat hulle gaan sien, is hoofletter-A, Arende. Die Suid-Afrikaanse span gaan eersdaags tydens die 2021 Olimpiese Spele in Tokio, Japan hul staal wys, met ʼn string Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles wat die sowat 13 500 km vlug saam gaan aandurf.
Top-sportsielkundige agter SA se Olimpiese aanslag
Daar is nie ʼn groter atletiekverhoog as die Olimpiese Spele nie, en daar is min sportgeleenthede met só ʼn kleurryke geskiedenis.
Duisende word by die NWU se uitreiksentrums ingeënt
Die Covid-19-inentingsveldtog in Suid-Afrika het ’n hupstoot gekry met duisende lede van die publiek, insluitende personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU), hulle gades en lewensmaats, wat die afgelope naweek (16 tot 18 Julie) hulle inentings ontvang het.
’n Inentingsveldtog het by twee NWU-sentrums – die Great Hall in Mahikeng en die Dampad-eetsaal in Potchefstroom – plaasgevind. Hierdie sentrums is deur Noordwes se provinsiale regering as inentingsuitreiksentrums geïdentifiseer.
Kunstenaar se indrukke van Covid-19 en aardverwarming wen twee internasionale pryse
Die werklike waarde van kuns strek baie verder as die geldelike waarde daarvan. Die skoonheid daarvan kan ons stomslaan en die betekenis kan ons harte, gedagtes en siele aanraak vir geslagte nadat dit geskep is.
NWU se voornemende geoktrooieerde rekenmeesters skitter
Ten spyte van die talle uitdagings wat studente tydens die Covid-19-pandemie moes te bowe kom, het die voornemende geoktrooieerde rekenmeesters by die Noordwes-Universiteit (NWU) besonder goed in hulle ITB (Aanvanklike Toets van Bevoegdheid) gevaar.
NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19
Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig. Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het hierdie uitdaging aangepak deur ’n patent vir die produksie van osoon, wat jare gelede ingedien is, weer op te diep.