Begrotingstoespraak is ’n geloofwaardige reaksie op ekonomiese uitdagings
Die toespraak oor die 2023 Begroting was ’n verrassingvrye, pragmatiese en geloofwaardige reaksie op ’n stel uitdagende internasionale en plaaslike ekonomiese omstandighede.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, het kommentaar gelewer op die 2023 Begroting wat deur die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, aan die parlement voorgelê is.