Mensebelange

Baie kleure, een doelwit: hardloop met passie vir genderbewustheid

Op Woensdag 6 September het die Fanie du Toit Sportterrein personeel en studente van die Noordwes-Universiteit (NWU) verwelkom by die run-with-colour-fun-geleentheid wat gesamentlik deur die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, die Skool vir Menslike Bewegingskunde en die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) aangebied is.

Submitted on Fri, 09/08/2023 - 14:41

Beter groeisyfers toon veerkragtigheid, maar ongestadigdheid bly

Die beter-as-verwagte groei van 0,6% in die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal van 2023 is welkome nuus, aangesien dit sy styging vir ’n tweede agtereenvolgende tydperk verhoog het.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê dit demonstreer ’n noemenswaardige graad van veerkragtigheid in die ekonomie. Dit was hoofsaaklik die gevolg van matiger Eskom-kragonderbrekings in Junie vergeleke met April en Mei, saam met ander versagtende faktore wat gehelp het om beter groeisyfers te genereer.

Submitted on Wed, 09/06/2023 - 11:48

Skaars vaardigheid plaas NWU-taksonoom aan die voorpunt vir die beskrywing van parasiete

Wat lê in ’n naam? William Shakespeare wou dit al geweet het.  ’n Jong navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) weet egter presies hoe belangrik ’n naam is. Daar word gesê dat sy tans die jongste taksonoom in die wêreld is wat besig is om hierdie parasiete te beskryf en hulle name – of die gebrek daaraan – te identifiseer.

Submitted on Fri, 09/01/2023 - 12:11

Hiperteks-digkunsprojek is deel van uitstalling in Rome

Die agt jaar oue Byderhandprojek van die vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit is gekies om deel te wees van ’n internasionale hiperteksskeppingsuitstalling wat binnekort in Rome plaasvind.

“Dit is besondere internasionale erkenning vir die vakgroep Skryfkuns, en veral vir die tuinverse-been van die Byderhandprojek in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese tuin,” sê prof Bernard Odendaal.

Uitstalling bied ’n blik op hipertekswerke van meer as drie dekades

Submitted on Thu, 08/31/2023 - 11:36

Professor Marius Smit op pad na nuwe horisonne

Professor Marius Smit van die Fakulteit Opvoedkunde het op 17 Augustus sy intreelesing, getiteld The symphony of seeds and harvest – harmonising the law, policy, and interventions to cultivate quality education, gelewer.

Prof Smit het in sy lesing gesê dat die harmonisering en behoorlike robuuste toepassing van die wet, goeie beleide en intervensies ’n onderwysstelsel kan daarstel wat die gehalte van onderwys in die land sal verbeter.

Hy het dit geïllustreer deur die volgende punte te beklemtoon:

Submitted on Thu, 08/31/2023 - 11:01

NWU: Hoekom dit duidelik is waarom skaars rekeningkundige vaardighede ontwikkel moet word

As daar nie goeie oorsig is nie, ly uitsette daaronder. Sonder deursigtigheid floreer bedrog. Waninligting en waninterpretasie word gepropageer om die norm te raak namate fiksie nie meer van feite onderskei kan word nie. In ’n ontwikkelende land soos Suid-Afrika wat ’n magdom uitdagings in die gesig staar, kan dit nie toegelaat word nie.

Submitted on Wed, 08/30/2023 - 10:56

Suid-Afrika se nasionale belange in die veranderende BRICS-landskap – sewe toetse

“Die waterskeidings- 15de BRICS-beraad wat in Johannesburg plaasgevind het, het – tot sy krediet – verskeie lopies op die telbord gehad teen die tyd dat dit verlede week tot ’n einde gekom het.”

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) Besigheidskool, sê hoewel die uitkomste noodwendig ’n ingewikkelde mengsel van politiek, ekonomie en besigheid was, die algehele BRICS-profiel en -agenda tot ’n volgende vlak geneem is.

Submitted on Tue, 08/29/2023 - 11:14