Mensebelange

Voordeel, Suzanie Pretorius!

Sy naam is Schalk, Schalk Pretorius. En as dit nie vir Schalk Pretorius was nie, was die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n tenniskampioen kwyt.

Jare gelede, in die mielieboergemeenskap van Bothaville, besluit ʼn jong Schalk dat hy gaan begin tennis speel. Goed so, sê ma Erika en pa Vickus, tennis sal jy speel. As die een kind speel, sal die ander een ook, en Schalk se driejarige suster Suzanie – nog meer peuter as persoon – word ook ʼn raket in die hand gestop.

Submitted on Fri, 02/02/2024 - 14:10

Martiné Jordaan trek Protea-keurders se aandag

Sy is allermins ’n hemelbesem, en op die netbalbaan word sy dikwels deur wolkekrabbers omring. Hart en durf word egter nie in sentimeters gemeet nie, en die Noordwes-Universiteit (NWU) se Martiné Jordaan is ʼn vuurvreter op die baan soos min.

Selfs so dat sy die keurders van die Protea-span se oog gevang het, en van 22 tot 28 Januarie was sy deel van ʼn nasionale oefenkamp in Stellenbosch.

Hier het al haar onverskrokkenheid weer na vore gekom, maar sy sê sy ondergaan ʼn groot gedaanteverwisseling wanneer sy die baan verlaat.

Submitted on Fri, 02/02/2024 - 10:05

NWU se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor maak gereed vir ’n baanbreker-2024

Terwyl ons die jaar 2024 aanpak, is die Noordwes-Universiteit (NWU) se Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuningskantoor (TTIS-kantoor) besig om vir ’n opwindende jaar van samewerking voor te berei, met navorsers wat gretig is om die reikwydte van hulle navorsing verder as die akademie te laat strek. Die TTIS speel ’n belangrike rol in die ondersteuning van navorsers om hulle akademiese bevindings om te skakel in praktiese oplossings wat ’n tasbare impak op die samelewing kan maak.

Submitted on Thu, 02/01/2024 - 12:41

Saam in die stratosfeer: NWU, NASA en Princeton Universiteit reik na die sterre met die Super Pressure Balloon-projek

Die National Aeronautics and Space Administration (NASA) het op Donderdag 16 April 2023 die Super Pressure Balloon, wat die Superdrukballon-beeldteleskoop (Super Pressure Balloon Imaging Telescope, SuperBIT) vervoer, gelanseer. Die SuperBIT werk in die stratosfeer op ’n hoogte van 40 kilometer bo seevlak.

Submitted on Thu, 02/01/2024 - 08:49

Matige groeivooruitsig beklemtoon die dringendheid van groeigeoriënteerde beleide en projekte

Soos te wagte was, het die Monetêrebeleidskomitee (MBK) op 25 Januarie op ’n vierde agtereenvolgende vergadering (sy eerste vergadering van 2024) eenparig besluit om rentekoerse weer eens onveranderd te laat en dat dit dus nog langer hoog sal bly.

Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool, sê die toon van die MBK se verklaring is steeds baie versigtig, aangesien hulle meen dat die stryd teen inflasie nog nie permanent gewen is nie.

Submitted on Mon, 01/29/2024 - 15:00

’n Gedeelde visie vir die toekoms: ’n betrokkenheid wat ’n nuwe era van samewerking inlui

Die Noordwes-Universiteit (NWU) en die Myngesondheids- en -veiligheidsraad (Mine Health and Safety Council, MHSC) het op Maandag 18 Desember 2023 ’n gesprek gehou om samewerking en die ontwikkeling van ’n verhouding te bevorder wat vir albei partye tot voordeel kan wees.

Die vergadering het by die kantoor van die visekanselier in gebou F1 op die Potchefstroomkampus plaasgevind, met beide partye wat ingestem het om in Februarie 2024 ’n memorandum van verstandhouding (MvV) op ’n voorafooreengekome basis te onderteken.

Submitted on Fri, 01/26/2024 - 12:36

Riaan Venter se troepe breek die USSA-droogte

“Vat ’n blaaskans, asseblief!” skree afrigter Riaan Venter aan die spelers wat hy op die baan by die Fanie du Toit Sportterrein afrig. Dit is die middel van Januarie, ’n maand of wat ná die oorwinning van die Noordwes-Universiteit (NWU) Eagles by die tennistoernooi van Universiteitesport Suid-Afrika (USSA) in Makhanda, vroeër bekend as Grahamstad.

Submitted on Wed, 01/24/2024 - 10:34

Fakulteit Regte bied konferensie vir Suider-Afrikaanse regsdosente aan

Die Suider-Afrikaanse samelewing is steeds besig om ’n magdom uitdagings te trotseer. Hoë vlakke van armoede en werkloosheid, onvoldoende infrastruktuur en elektrisiteitsvoorsiening, misdaad en stygende vlakke van korrupsie, en al die verskillende nalatenskappe van kolonialisme en apartheid dra alles by tot die giftige mengsel wat lewens en heenkomes bedreig.

Om dit te bestry, maak die Suider-Afrikaanse streek staat op regstelsels wat goed funksioneer en regverdig is sodat antwoorde wat maatskaplik regverdig is vir hierdie struikelblokke gevind kan word.

Submitted on Wed, 01/10/2024 - 13:06