NWU bevorder impakvolle voedingleierskapsopleiding in Afrika
Ná onlangse verwikkelinge is impakvolle leierskap in voeding nou meer as ooit nodig. Die Verenigde Nasies (VN) se dekade van aksie oor voeding (United Nations (UN) Decade of Action on Nutrition*) kom hierdie jaar tot ’n einde en USAID-befondsing vir Afrika en ander ontwikkelende lande het tot ’n skielike stilstand gekom.