NWU-navorser ondersoek rol van tradisionele medisyne vir velsiektes
Talle mense maak op tradisionele plantgeneesmiddels staat om velsiektes te behandel. Nou het ’n navorser van die Noordwes-Universiteit (NWU) ondersoek waarom hierdie plante doeltreffend is, en baan hy die weg vir verdere navorsing deur die farmaseutiese bedryf.
“Die gebruik van inheemse kennis in die verskaffing van primêre gesondheidsorg, veral in die meeste inheemse Afrika-gemeenskappe, is so oud soos die mens self,” sê dr John Awungnjia Asong, navorser en onlangse PhD-gegradueerde.