Akademie

NWU benut osoontegnologie as kostedoeltreffende bestryder van Covid-19

Die Noordwes-Universiteit se navorsers en innoveerders werk aan oplossings om virusse, bakterieë en swamme, insluitende die koronavirus, op ’n groot skaal te vernietig.  Namate die Covid-19-pandemie voortgaan om verwoesting te saai, is snelwerkende, laekoste-oplossings vir ontsmetting noodsaaklik om die krisis die hoof te bied. Die NWU het hierdie uitdaging aangepak deur ’n patent vir die produksie van osoon, wat jare gelede ingedien is, weer op te diep.

Submitted on

Die CHHP se Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling is steeds aan die gang ten spyte van die inperking

Die Noordwes Sportakademie (NWAS) gebruik al langer as twee dekades die Instituut vir Sportwetenskap en Ontwikkeling by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie (CHHP) as konsultant.  Die dienste sluit evaluerings, oefenprogramme, werkswinkels en verskeie ander spesialisdienste in. Sportkodes wat tans by hierdie dienste ingesluit is, is sokker, swem, netbal, rugby, krieket, hokkie en atletiek.

Submitted on

Boomplantasies benadeel ekostelsels

Deur inheemse woude met boomplantasies te vervang, word die grond op ’n mikrobiese vlak benadeel deur ’n impak op die vrugbaarheid van die grond en die gesondheid van die planeet te hê.

Dit is een van die gevolgtrekkings waartoe die Noordwes-Universiteit (NWU)-akademikus prof Olubukola Oluranti Babalola gekom het. Sy het onlangs saam met dr Adenike Eunice Amoo baanbrekernavorsing uitgevoer om die impak van die verandering in grondgebruik op bakteriële gemeenskappe in die grond en die eienskappe daarvan te ondersoek.

Submitted on