Nuwe vennootskap sal vir chemiese ingenieurs groot voordele inhou

Die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese by die Noordwes-Universiteit het ’n vennootskap met ’n sagtewaremaatskappy gesluit wat hulle aan die voorpunt van ontwikkeling sal plaas.

Die vennootskap met METSIM, die voorste modelleringsagtewaremaatskappy, sal die ontwerp van nuwe prosesse moontlik maak en bestaande vloeikaarte tot hulle maksimum doeltreffendheid opstoot.

Prof Quentin Campbell, die direkteur van die Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, sê METSIM en die NWU het ’n nuwe gemeenskaplike terrein gevind met die opleiding van finalejaarstudente, en fokus op gevorderde simulering van mineraalprosesse.

“Die uitgebreide en uiteenlopende mineraalbedryf in Suid-Afrika is ’n aandrywer van innovasie. Met die hulp van prosessimuleringsagteware soos METSIM kan nuwe prosesse ontwerp word, en bestaande vloeikaarte kan geoptimaliseer word.”

Hy sê dat die balans tussen eenvoudige materiaal en hitte van komplekse mineraalverwerkingstelsels geëvalueer kan word met veelvuldige simulasies wat die middelpunt vorm en met feitlik volledige ingenieursoplossings geïnkorporeer word.  

“Met hierdie simulasiegebaseerde benadering tot onderrig, sal die studente deur die verskillende stadiums van prosesontwerp spesifiek vir die mineraalbedryf gelei word. Massa- en hittebalans, dinamiese simulasies en hoopuitloging, kontoerbepaling, kommunikasie en gravitasieskeiding, mynsekwensiëring, optimalisering van bedryfskoste, en basiese ingenieurswerk vorm alles deel van die nuwe geïntegreerde benadering.”

Campbell sê METSIM is ’n robuuste wieg-tot-graf-evalueringsinstrument wat produktiwiteit kan bevorder en besluitneming moontlik maak wat gegrond is op feite wat feitlik intyds gegenereer is.

“Hierdie samewerking sal nie net vir die NWU-gegradueerdes ’n voordeel inhou wat mineraalverwerkingsimulasie betref nie, maar sal ook vir die toekoms bedryfsbande versterk om METSIM selfs verder by die Suid-Afrikaanse mineraal- en mynsektor te integreer.

“Die vrug van hierdie samewerking sal in die nabye toekoms duidelik word,” sluit hy af.

Vir meer inligting besoek: http://engineering.nwu.ac.za/chemical-engineering en https://metsim.com/.

........

 By die bekendstelling van die nuwe vennootskap was dr Frikkie Conradie (NWU), Frikkie van der Merwe (NWU), Calvin Morrison (visepresident vir die Europese, Midde-Oosterse, en Afrika-lande by METSIM), Inge Coetzee (NWU) en prof Quentin Campbell (NWU).

Submitted on Mon, 07/05/2021 - 09:20