Akademie

NWU-geskiedkundige karteer die pad na Suid-Afrikaanse erfenis

’n Akademikus en geskiedkundige van die Noordwes-Universiteit (NWU) is deel van ’n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek wat al Suid-Afrika se erfenisterreine en plekke van belang (POI’s) dokumenteer deur die ligging daarvan te lys en die betekenis van al die Suid-Afrikaanse POI’s op die Road Trip SA-app te verduidelik.

Submitted on Wed, 12/01/2021 - 08:30

NWU beloon sy buitengewone presteerders

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het tydens ’n virtuele seremonie op 25 November erkenning gegee aan personeel vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsbetrokkenheid.

Die universiteit se baanbrekers is by die heel eerste NWU Uitnemendheidstoekenning-seremonie vereer. Die geleentheid, wat aanlyn gestroom is, het personeel in die drie sleutelkategorieë van die universiteit byeengebring in ’n vars nuwe toekenningsformaat wat die vorige afsonderlike funksies vervang.

 

Submitted on Fri, 11/26/2021 - 09:37

Belê in gelykheid

Die entiteit Gemeenskaps- Psigososiale Navorsing (COMPRES) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het onlangs agt rekenaars (insluitende skerms, sleutelborde en muise) aan die Hoër Volkskool Potchefstroom geskenk. Die lessenaarrekenaars word nie meer by NWU gebruik nie, aangesien hulle nie met Windows 10 versoenbaar is nie.

Submitted on Mon, 11/22/2021 - 12:58

NWU vereer radio-aanbieder vir die bevordering van selfgerigte leer

Die wêreld is deurlopend besig om te ontwikkel, en om op hoogte te bly met die voortdurende vloei van veranderings, is lewenslange leer noodsaaklik.  Een van die doeltreffendste benaderings oor lewenslange leer is selfgerigte leer (SGL), waar mense hulle eie leerdoelwitte stel en kies wat en hoe hulle wil leer.

Submitted on Thu, 11/04/2021 - 15:09