Akademie

Bloedparasiete kom al hoe meer by Afrika-wildehonde voor

Volgens dr Edward Netherlands en sy kollegas van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU), is daar onlangs aangetoon dat bloedparasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings voorkom.

Hulle studie oor bloedparasiete van spesies van Hepatozoon dui aan dat hierdie parasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings (Lycaon pictus) voorkom.

Submitted on

In hierdie studie is die pad vorentoe ongeluksvry

Het jy jou al ooit ’n samelewing ingedink waar daar geen padongelukke is nie? ’n Padomgewing waar motors met mekaar kan skakel en kommunikeer om jou te help om jou besluite op die pad te neem? Wel, dit is onder andere wat dr Thulani Phakathi, ’n onlangse PhD-gegradueerde aan die Noordwes-Universiteit (NWU), deur sy doktorale navorsing beoog.

Sy PhD-studie het gefokus op die gebruik van kubersekuriteitstegnologie om die prestasie van telekommunikasienetwerke en die ontwerp van doeltreffende roeteringsprotokolle te verbeter.

Submitted on

Misdaad word gestraf, maar wat van rehabilitasie?

Die Suid-Afrikaanse strafstelsel het gefaal, en as gevolg daarvan is misdaad buite beheer. Dit is die harde en ongemaklike werklikheid wat die samelewing moet trotseer, en die land se kwellende misdaadstatistiek getuig daarvan.

Een rede daarvoor is die gebrek aan rehabilitasiegeleenthede wat vir oortreders beskikbaar is. Die bekoring daarvan om weer die ou weë te bewandel, kan té aanloklik wees, maar daar is ook ’n fundamentele wanbegrip van die gesistematiseerde struikelblokke wat misdadigers moet hanteer wanneer hulle weer die samelewing betree.

Submitted on