Akademie
NWU vasberade om die kollig op geslagsgebaseerde geweld te laat val
Die getalle spreek vanself: ’n baie groot getal vroue in Suid-Afrika leef in gevaar. Volgens ’n studie deur Statistieke Suid-Afrika het een uit vyf (21%) vroue met lewensmaats in hulle leeftyd al fisieke geweld deur ’n lewensmaat deurgemaak, en 6% het al seksuele geweld ervaar. Die voorkoms van fisieke geweld is die hoogste onder vroue in die Oos-Kaap, terwyl Noordwes die hoogste getal vroue het wat al seksuele geweld ervaar het (11,8%).
Minister van Botswana verwerf sy PhD aan die NWU Besigheidskool
Ons wil graag vir die Minister van Grond- en Watersake van die Republiek van Botswana, dr Kefentse C Mzwinila, gelukwens met sy PhD-graad wat hy op 25 Mei 2022 aan die NWU Besigheidskool verwerf het.
Waardes is ’n dryfkrag vir die NWU
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots daarop om ’n waardegedrewe instelling te wees en is tans besig met ’n veldtog om die waardes wat as riglyne dien vir personeel, studente en ander belanghebbers, weer bekend te stel.
Die veldtog het in Maart 2022 afgeskop met ’n kookkompetisie vir die Universiteitsbestuurskomitee (UBK) en ’n amptelike bekendstelling in die vorm van ’n gala-aand.
Die proses wat tot hierdie amptelike bekendstelling gelei het, het egter ’n rukkie gelede al begin, en ’n klomp harde werk is al gedoen om hierdie punt te bereik.
Studie bevind dat ongeteerde strate lugbesoedeling bevorder
Die brand van fossielbrandstowwe en industriële vrystellings is van die vernaamste bronne van lugbesoedeling in Suid-Afrika. Daar is egter ander bronne wat in woongebiede aangetref word, byvoorbeeld ongeteerde strate, waarvan daar baie in lae-inkomstewoongebiede in Suid-Afrika is.
Lugbesoedeling is een van die vernaamste omgewingsprobleme wat ’n negatiewe impak op menslike gesondheid en die algemene omgewing het.
Verbruikers staar toenemend moeilike jaar in die gesig ná rentekoersverhoging
Die besluit deur die Monetêrebeleidskomitee (MBK) om die repokoers met nóg 50 basispunte te verhoog, is oor die algemeen deur markte en ontleders verwag.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die MBK het die verwagte besluit met ’n stemming van 4 tot 1 geneem.
Waarom vroeë sifting vir bloeddruk by kinders noodsaaklik is
Hoë bloeddruk of hipertensie is nie net ’n siekte by volwassenes nie, maar begin tydens die kinderjare en duur tot in volwassenheid.
In ’n studie wat deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) van die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is, beklemtoon navorsers die belangrikheid van sifting by kinders, veral swart kinders, vir verhoogde bloeddruk.
NNS-gradering vir die jongste medeprofessor in dierewetenskap aan die NWU
Boerdery is in prof Kenny Mnisi se bloed, en sy lewenslange passie vir dierewetenskappe dra uiteindelik vrug. Prof Mnisi, wat by die Skool vir Landbouwetenskappe op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus werk, het ’n Y2-gradering ontvang van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), wat bekend is vir hulle streng en robuuste graderingsproses.
Stemme van inheemse gemeenskappe van praktyk moet gehoor word
“Vennootskappe tussen die regering, die privaat sektor en die burgerlike samelewing is noodsaaklik vir enige agenda vir volhoubare ontwikkeling. Ervaring in Afrika het egter getoon dat deelname deur plaaslike gemeenskappe aan ontwikkelingsprojekte selde interaktief of bemagtigend is,” sê Otsile Maditsi, ’n PhD-kandidaat en dosent by die Sentrum vir Inheemse Kennisstelsels (IKS) van die Noordwes-Universiteit (NWU).
Jong plantkundige bevorder navorsing wat vir gemeenskappe relevant is
Afrika het volop plante wat vir voedsel en medisyne gebruik kan word, en ’n jong plantkundige aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en sy navorsingsmedewerkers is vasbeslote om te verseker dat gemeenskappe self uit die ryk plantlewe rondom hulle voordeel trek.