Sportnuus

Dwayne Pocock – NWU Vanderbijlpark se groot kolwer

“In krieket, soos ook in die lewe, moet jy weet wanneer om aan en af te skakel, en die res sal self regkom.” Hierdie woorde deur Sachin Tendulkar – wat as een van die grootste kolwers ooit beskou word – geld veral vir Dwayne Pocock.

Dwayne (23) is beslis “aangeskakel”, en is onlangs deur die gewilde aanlyn forum Club Cricket SA as die Suid-…

Howzat! met KFC mini-krieket by NWU

ʼn Horde klein krieket-karnallies gewapen met kolwe, beenskutte en paaltjies het onlangs op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark toegesak om met hulle mini-krieketvernuf te spog. 

Meer as 20 skole van regoor Suid-Gauteng is deur mini-krieketspanne tussen die ouderdomme van ses en nege by die KFC Mini-Cricket Festival…

USSA 2017: ’n dompelskoot vir NWU Vanderbijlpark

Die vrouebasketbalspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het op die baan gewys wat in hulle steek tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Stellenbosch plaasgevind het. Die span het goed gevaar en algeheel derde geëindig.

In hulle opmars na die semifinale het…

NWU Vanderbijlpark se sokkerspelers domineer B-afdeling by USSA 2017

Die mans- en vrouesokkerspanne van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het die kampus se vaandel hoog gehou tydens die onlangse Universiteitsport Suid-Afrika-kampioenskappe (USSA-kampioenskappe) wat in Johannesburg gehou is.  

Albei spanne het in die B-afdeling deelgeneem en as die trotse afdelingwenners daar…

Chantel gaan by SA se studente-netbalgroep aansluit

Die netbalspan van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dalk nie sukses by USSA (Universiteitsport Suid-Afrika) gesmaak nie, maar het steeds daarin geslaag om die nasionale keurders te beïndruk.

Tydens die USSA-toernooi wat in Potchefstroom plaasgevind het, het die span van Vanderbijlpark die Universiteit van die…

Kanovaarders roei ter herinnering aan ’n voormalige spanmaat

Kanovaarders van regoor die streek en lede van die Watuni-kanoklub, wat op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark geleë is, het Saterdag ’n vaart onderneem ter herinnering aan wyle Gerhard Nel.

Die jaarlikse Gerhard Nel-gedenkresies is ingestel ná die vroeë dood van Nel, ’n ingenieur by ArcelorMittal, tydens ’n tydtoets…