News
NWU-staatmakers beloon vir lojale diens
Verskeie personeellede van die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark is onlangs tydens die amptelike opening van die akademiese jaar met langdienstoekennings vereer.
Tydens dié geleentheid – wat die begin van die akademiese aktiwiteite vir die jaar inlui – is 41 personeellede, wat saam meer as 615 jaar se vaardighede en…
NWU beloon vir uitnemendheid in Sedibeng-distrik
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Vanderbijlpark het dit weer gedoen! Dié kampus het vir die negende agtereenvolgende jaar die Professional Management Review (PMR) se gesogte Diamond Arrow-toekenning vir uitnemendheid in hoër onderwys in die Sedibeng-distrik ontvang.
Die toekenning is by die PMR.africa-sakeontbyt in Vereeniging…
Emosionele en sielkundige effek van misdaad is kompleks
Die misdaadsyfers wat Statistieke Suid-Afrika in 2019 vrygestel het, skets ’n somber prentjie. Die meeste Suid-Afrikaners leef in vrees en weet nie of hulle die prooi van misdadigers sal word nie. Slagoffers van gewelddadige misdaad verloor nie net hulle materiële besittings nie, maar kan ook beduidende emosionele en sielkundige trauma opdoen.…
NWU-markdag – steek die vlammetjie van entrepreneurskap aan
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is ernstig oor entrepreneurskap en het gevolglik verskeie entrepreneursinisiatiewe wat daarop gemik is om die personeel, studente en die breër gemeenskap te bemagtig om finansieel onafhanklik te word.
Die jongste inisiatief is in die vorm van ’n markdag wat by die universiteit se kampus in Vanderbijlpark…
Ondernemende Vroue-program 2020: ʼn Uitnodiging aan alle Vaaldriehoek-fempreneurs
>
Indien Suid-Afrika die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) se teiken wil bereik om teen 2030 11 miljoen poste te skep, moet entrepreneurskap – veral onder vroue – aangemoedig word.
Ten opsigte hiervan neem die Noordwes-Universiteit (NWU) leiding om entrepreneurskap deur middel van sy jaarlikse Ondernemende Vroue-program (EWP) te…
NWU-kundige is mederedakteur van nuwe handboek oor diversiteitsbestuur
Dr Leon Moolman, ʼn senior lektor in arbeidsverhoudingebestuur, begin die jaar op ’n vreugdevolle hoogtepunt nadat hy sy eksemplaar van die pasgepubliseerde handboek, Managing Diversity in the South African workplace, ontvang het.
As een van die mederedakteurs van die handboek is dr Moolman baie opgewonde oor die bydrae wat…
Optentia gaan tweede Stats Camp Suid-Afrika aanbied
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Optentia-navorsingsfokusarea het in 2019 geskiedenis gemaak deur die heel eerste Stats Camp Suid-Afrika aan te bied. Hulle sal in 2020 weer eens hulle kant bring en hierdie internasionaal-erkende opvoedkundige geleentheid aanbied.
Die ontledingswegbreekgeleentheid wat oor vier dae plaasvind, word in die…
NWU Slimstasie help gemeenskap om weerslim te wees
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs in samewerking met die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) ‘n moderne waarnemingstasie geloods wat die weer sowel as die luggehalte sal moniteer.
Dié multimiljoenrandontwikkeling is op die universiteit se kampus in Vanderbijlpark geleë, en die NWU is dus die eerste hoëronderwysinstelling in die land…
Navorsing gee ’n stem aan kwesbare kinders
Die seksuele misbruik van kinders is ’n droewige werklikheid in Suid-Afrika.
Mense sê dat hulle iets sal sê as hulle meen dat ’n kind seksueel misbruik word; talle is seker dat hulle uitbuiting sal herken, en byna niemand glo dat hulle sou toelaat dat mishandeling voortgaan as hulle weet wat aan die gang is nie. Tog toon statistiek dat een…
Fempreneurs skitter tydens die EWP-galageleentheid
Dit was ’n aand van feesvier en prestasie toe die Noordwes-Universiteit (NWU) hulde gebring het aan die 2019-klas van die Ondernemende Vroue-program (EWP).
Hierdie toonaangewende entrepreneurskapsontwikkelingsprogram is sewe jaar gelede bekendgestel, en bemagtig vroue regoor die NWU se demografiese voetspoor om selfonderhoudende sake-…