Moeder-dogter-duo gereed vir die akademiese jaar

Hulle mag dalk jare uit mekaar gebore wees, maar moeder en dogter deel dieselfde doelwit: om hulle onderskeie nagraadse kwalifikasies in die 2020- akademiese jaar te verwerf.

Fatima de Abreu en haar dogter, Michaela Raymakers, het hierdie jaar albei by die Noordwes-Universiteit (NWU) tougestaan om te registreer.

Hoewel dit die eerste keer sal wees dat moeder en dogter terselfdertyd hulle boeke sal nadertrek, is Fatima en Michaela geen vreemdelinge by die NWU nie – hulle is albei trotse alumni.

Fatima is dosent in fisiese wetenskappe op die NWU se kampus in Vanderbijlpark, en is vir haar doktorsgraad in Chemie op die Potchefstroomkampus geregistreer. Michaela – wat in 2019 haar BA-graad verwerf het – gaan haar vaardighede uitbrei deur haar hand aan rekenaarspeletjieontwerp en ‑ontwikkeling in Vanderbijlpark te waag.

Moeder sowel as dogter glo in die mag van opvoeding en wil graag aanhou leer en hulle horisonne verbreed. Fatima lag en sê dat hoewel hulle verskillende passies het, sy kan sien dat hulle êrens in die toekoms kan saamwerk. “Dalk kan ons eendag saam aan ’n wetenskapfiksiespeletjie werk, of ’n opvoedkundige chemie-toep skep!”

Fatima de Abreu en haar dogter, Michaela Raymakers, het hierdie jaar albei by die NWU tougestaan om te registreer.

 

 

 

Submitted on Tue, 03/10/2020 - 13:09