News
Sharks-legende Botes in NWU-kamp
Sharks-legende Jacques Botes is as deel van Burger van der Westhuizen se afrigtingspersoneel vir die naderende klubrugbykompetisies gekontrakteer, wat – in die lig van sy uitgebreide ervaring – waarskynlik ’n baie slim aanstelling is.
Die voorsienigheid was goed vir Suid-Afrika se…
Die NWU se eentoets-slotwonders
Daar is twee stelle trappe wat na die eerste vloer van die Noordwes-Universiteit se Hoëprestasie-instituut lei. Soos jy teen die trappe opstap, sien jy aan die een kant foto's van sportbestuurders wat die NWU na die boonste vlakke van varsity-glorie gelei het. Helené Botha het die NWU se netbalspan gehelp om die…
Hoër prestasie kry ’n nuwe baadjie
’n Ander drag, selfde prag. Sportkodes van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus kry eersdaags nuwe huisvesting wanneer verbouings aan gebou K2 op die Fanie du Toit-sportterrein oorkant die Hoëprestasie-instituut (K21) voltooi is.
Sistematiese ingebruikneming van…
Buitengewone professor by die NWU ontvang nog ’n toekenning
Die Noordwes-Universiteit (NWU) is geweldig trots op een van sy buitengewone professors, Sam Fullerton, wat onlangs by ’n hoog aangeskrewe bemarkingskonferensie die toekenning vir die 16de beste referaat vir sy navorsing ontvang het.
Sy jongste toekenning was vir die beste referaat…
Nuwe ontdekking verseker vir NWU-navorser ’n plek in top- wetenskaplike publikasie
Wanneer magneetvelde en lang uitbarstings van warm gas, genaamd strale (jets) op mekaar reageer, word die strale gebuig. Dit is ’n belangrike ontdekking, en prof James O Chibueze het vir sy aandeel daaraan vir hom ’n plek in die gesogte navorsingspublikasie Nature verdien.…
Alternatiewe maatreëls vir kansellasie van skuld onder die soeklig
Talle Suid-Afrikaners wat in skuld verdrink, kan ’n potensiële reddingsboei ontvang ná ’n studie deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se meestersgraadgegradueerde Paballo Mothibi oor die kansellering van skuld van diegene wat geen inkomste of bates het nie. Die onderwerp van die studie is “Alternative measures for the discharge of debts for…
Waarom grootwildjag in Botswana weer oopgestel moet word
Talle artikels is onlangs op verskillende aanlyn nuusplatforms gepubliseer oor die heropening van grootwildjag in Botswana. Die meeste van hierdie artikels probeer om jag in ’n slegte lig te stel, of om te wys dat jag nie soveel tot die plaaslike ekonomie van die land of streek bydra nie. Prof Peet van der Merwe van die navorsingseenheid TREES…
Moeders en kinders agter tralies het voor- en nadele
In Suid-Afrika kan ’n vrou wat tronkstraf uitdien vir die misdaad wat sy gepleeg het, haar kind by haar in die korrektiewe instelling hê. Dit word vir die eerste twee jaar van die kind se lewe toegelaat en stel die ma en kind in staat om ’n band te vorm.
Volgens ’n studie wat uitgevoer is deur Belinda Ruzvidzo, ’n LLM-gegradueerde van…
Hoe om jou navorsingvaardighede aanlyn te ontwikkel
Vir jong navorsers kan die idee om navorsing te doen, nogal intimiderend wees. Selfvertroue kom wanneer jy weet dat jy die vaardighede en insig het om reg te laat geskied aan enige navorsingsprojek wat jy aanpak. Hierdie vaardighede kan nou aanlyn deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se pasgoedgekeurde aanlyn weergawe van die kortleerprogram (…
NWU se McTronX: aan die voorfront van dinamiese modellering en beheer van grootskaalse industriële stelsels
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se McTronX-navorsingsgroep is sedert 2003 op die voorpunt van navorsing in Suid-Afrika oor dinamiese modellering en beheer van grootskaalse industriële stelsels. Die groep, wat deur prof George van Schoor gelei word, is multidissiplinêr en bestaan uit vier voltydse personeellede. Hierdie personeellede sluit in…