News

NWU-netbal bly vervoerband vir nasionale span

Die land se netbalspanne is weereens met NWU-speserye gegeur, met huidige en oudstudente wie se name verskyn op al wat nasionale spanlys is.

Die NWU is al vir etlike jare bekend as ʼn vervoerband vir die Proteaspan, met selfs die huidige afrigter, Dorette Badenhorst, wat eers haar…

CHHP help om ontwikkeling van geletterdheidsvaardighede te bevorder

Die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie: Care2Kids by die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs by ’n geletterdheidsbevorderingsprogram vir jong leerders betrokke geraak. Die doel is om bewustheid te skep van die belangrikheid van geletterdheidsaktiwiteite vir gesinne sodat vaardighede in leer, selfregulering en uitvoerende funksies…

Suid-Afrika se besteding moet nou baie verstandig geskied

 Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê dat die besluit deur die Monetêre Beleidskomitee (MBK) om weer eens die rentekoers onveranderd te laat op die vlak wat dit sedert Junie 2020 is, wyd te wagte was.

“Dit is in…

NWU se vennootkonsortium stel ’n ventilatorontwerpkompetisie vir studente bekend

Vir talle Covid-19-pasiënte wat asemhalingsprobleme ervaar, is die verskil tussen lewe en dood toegang tot ventilators wat werk. Tydens die Covid-19-pandemie het nuusberigte dikwels die tekort aan hierdie lewensnoodsaaklike toerusting en hulle verwante dienste beklemtoon – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Dit is steeds ’n kwessie wat…

Skoolhoofde in die Noord-Kaap gaan by unieke diploma baat

Die Fakulteit Opvoedkunde van die Noordwes-Universiteit (NWU) is gekies as die voorkeurverskaffer vir die aanbieding van ’n unieke Gevorderde Diploma in Opvoedkunde vir skoolleiers in die Noord-Kaap.

Die Skool vir Professionele Studies in…

NWU se HART hou bloeddruk in toom

Die Hipertensie in Afrika Navorsingspan (HART) in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit (NWU) doen sy deel om bloeddrukbewustheid en ‑meting gedurende die hele Meimetingsmaand (MMM) en op Wêreldhipertensiedag op 17 Mei te bevorder.

HART ondersteun die…

Benoem die beste van die bestes van die NWU-alumni

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sal weer eens die merkwaardige prestasies van sy uitmuntende alumni vier tydens die sewende tweejaarlikse Alumni Uitnemendheidstoekenning-seremonie wat vir Oktober hierdie jaar beplan word.

Dit is die ideale geleentheid vir NWU-…

Voormalige rugbykaptein sterf tragies 

Dit is met groot hartseer waarmee die Noordwes-Universiteit (NWU) vir Tiaan Bezuidenhout moet groet wat tragies in ʼn motorongeluk op Saterdag, 8 Mei gesterf het. Tiaan (26) was die kaptein van die NWU se Varsitybekerspan wat die eindstryd van die 2018-toernooi behaal het. Hy was na sy ma onderweg toe tragedie op die N4 naby Kroondal ontvou het…

NWU-taalfoendi’s vir bydraes vereer

Drie taalfoendi’s van die Noordwes-Universiteit (NWU) – prof Daan Wissing, prof Wannie Carstens en prof Hennie van Coller – is onlangs vir hulle bydrae tot die Afrikaanse taal vereer.

Prof Wissing, senior navorser by die Sentrum vir Taaltegnologie (CtexT®) het erelidmaatskap van die…

Wihan Lubbe in Proteas-groep

Gedenkwaardige gebeurtenisse op die krieketveld kan talle vorms aanneem – ’n goedbeplande dryfhou verby dekpunt om onder die moeilikste omstandighede ’n honderdtal aan te teken, ’n vangskoot wat alle natuurwette oortree, of ’n boulbeurt wat met soveel venyn en daadkrag afgelewer word dat die opposisie nie hulle…