Innoverende navorsing gee aandag aan die mishandeling van bejaardes

Mishandeling van bejaardes is ’n onderwerp in ons samelewing wat dikwels misken word. Vir een PhD-student in Maatskaplike Werk het dit nie ongemerk verbygegaan nie. Gcotyiswa Mtiya-Thimla het haar PhD in Maatskaplike Werk aan die Noordwes-Universiteit (NWU) (2020) voltooi, waar sy haar navorsing op die mishandeling van bejaardes gefokus het. Sy het trauma-intervensie in maatskaplike werk vir mishandelde ouer persone ontwikkel. “Dit is baanbrekerswerk op die gebied en verdien erkenning,” sê prof Mariette van der Merwe, die studieleier van hierdie studie.

Gcotyiswa verduidelik dat Suid-Afrikaanse wetgewing en beleide ’n grondige dekking aan huishoudelike geweld en kindermishandeling verleen. Daar is egter geen duidelike riglyne, beleide of protokolle wat intervensie ten opsigte van die mishandeling van bejaardes betref nie. Gcotyiswa sê dat maatskaplike werkers ’n gebrek aan kennis, vaardighede en tegnieke het in die bestuur van die mishandeling van bejaardes in gemeenskappe wat ’n gebrek aan hulpbronne het.  “Dit is waarom ek die behoefte gevoel het om trauma-intervensie in maatskaplike werk vir die mishandeling van bejaardes te ontwikkel.

Hierdie navorsingstudie is gebaseer op Gcotyiswa se ervaring en waarnemings in haar werk as maatskaplikewerk-beleidsontwikkelaar vir ouer persone in die provinsiale kantoor (Vrystaat), waar sy sedert 2007 in diens is. Gevalle van die mishandeling van bejaardes word direk aan haar gerapporteer. “My pos by die werk het aan my die geleentheid gegee om maatskaplike werkers te observeer waar hulle met behulp van die protokol oor die bestuur van die mishandeling van bejaardes (Protocol on Management of Elder Abuse) (2010) versorging en ondersteuning aan die bejaarde slagoffers van mishandelingverleen.  “Die protokol maak egter net vir prosedures voorsiening wanneer mishandeling van bejaardes aangemeld word, en daar is min bewyse van beplande trauma-intervensiesessies om ouer mense te help om die trauma te verwerk,” sluit sy af.

Prof Van der Merwe sê dat voorgraadse kursusse in maatskaplike werk generies is en nie die broodnodige intervensies vir spesifieke getraumatiseerde bevolkings, soos ouer persone wat mishandel word, kan insluit nie. Dit is waarom Gcotyiswa se navorsing oor intervensie ’n instrument bied vir die maatskaplikewerkprofessie, en dalk kan iets hiervan in die toekoms by die kursusinhoud vir maatskaplikewerkstudente gevoeg word.  

........

Gcotyiswa Mtiya-Thimla het haar PhD in Maatskaplike Werk aan die Noordwes-Universiteit voltooi waarin sy op die mishandeling van bejaardes gefokus het.

Submitted on Tue, 06/08/2021 - 15:22