News
Verbruikers staar toenemend moeilike jaar in die gesig ná rentekoersverhoging
Die besluit deur die Monetêrebeleidskomitee (MBK) om die repokoers met nóg 50 basispunte te verhoog, is oor die algemeen deur markte en ontleders verwag.
Prof Raymond Parsons, ekonoom van die Besigheidskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê die MBK het die verwagte besluit met ’n stemming van 4 tot 1 geneem.
“In die lig…
Waarom vroeë sifting vir bloeddruk by kinders noodsaaklik is
Hoë bloeddruk of hipertensie is nie net ’n siekte by volwassenes nie, maar begin tydens die kinderjare en duur tot in volwassenheid.
In ’n studie wat deur die Hipertensie in Afrika-navorsingspan (HART) van die Noordwes-Universiteit (NWU) uitgevoer is, beklemtoon navorsers die belangrikheid van sifting by kinders, veral swart kinders,…
NNS-gradering vir die jongste medeprofessor in dierewetenskap aan die NWU
Boerdery is in prof Kenny Mnisi se bloed, en sy lewenslange passie vir dierewetenskappe dra uiteindelik vrug. Prof Mnisi, wat by die Skool vir Landbouwetenskappe op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mahikengkampus werk, het ’n Y2-gradering ontvang van die Nasionale Navorsingstigting (NNS), wat bekend is vir hulle streng en robuuste…
Stemme van inheemse gemeenskappe van praktyk moet gehoor word
“Vennootskappe tussen die regering, die privaat sektor en die burgerlike samelewing is noodsaaklik vir enige agenda vir volhoubare ontwikkeling. Ervaring in Afrika het egter getoon dat deelname deur plaaslike gemeenskappe aan ontwikkelingsprojekte selde interaktief of bemagtigend is,” sê Otsile Maditsi, ’n PhD-kandidaat en dosent by die Sentrum…
Jong plantkundige bevorder navorsing wat vir gemeenskappe relevant is
Afrika het volop plante wat vir voedsel en medisyne gebruik kan word, en ’n jong plantkundige aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en sy navorsingsmedewerkers is vasbeslote om te verseker dat gemeenskappe self uit die ryk plantlewe rondom hulle voordeel trek.
Medeprofessor Oladapo Aremu van die Inheemse Kennisstelsels in die Fakulteit…
NWU-navorsers voer Suid-Afrika se eerste studie oor omgewings- maatskaplike werk uit
Klimaatsverandering, vernietiging van die omgewing en die ineenstorting van biodiversiteit hou ’n ernstige bedreiging vir die planeet en die mens in, en veral vir arm en gemarginaliseerde gemeenskappe.
Die bedreiging kan selfs groter wees vir die burgers van Suid-Afrika, aangesien die Suider-Afrikaanse streek as ’n sensitiewe kerngebied…
Regsprofessor verbeter vorige NNS-gradering van ’n C na ’n uitmuntende B
Prof Christa Rautenbach se harde werk oor regspluralisme en kulturele diversiteit het uiteindelik vrugte afgewerp toe sy in die hoogs kompeterende graderingsproses van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ’n B-gradering ontvang het.
Een van haar beoordelaars het opgemerk dat haar “navorsing betekenisvol is vir regspluralisme en…
NWU Tawana soek ’n beter 2022/2023-seisoen
’n Goeie span kom altyd weer bo uit. Michael Seleka, sokkerbestuurder en hoofafrigter van die NWU Tawana op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom, klink platgeslaan wanneer hy ’n opsomming gee van sy span se prestasie in die SAFA ABC Motsepe-liga. Die NWU Tawana het hulle 2021/2022-veldtog in ’n teleurstellende sewende…
NWU versamel medaljes by die nasionale kampioenskap
Atlete van die Noordwes-Universiteit (NWU) – voormalige sowel as huidige atlete – was op hulle allerbeste by Atletiek Suid-Afrika se senior baan- en veldkampioenskap wat onlangs in Groenpunt, Kaapstad gehou is.
Hulle het ’n totaal van sestien medaljes in ’n verskeidenheid kodes gewen.
Spiesgooiers Johann Grobler en Jo-Ané van…
NWU se waarnemende visekanselier ontvang internasionale toekennings vir uitmuntende navorsing
Die waarnemende visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), prof Linda du Plessis, stel sonder twyfel ’n voorbeeld nadat sy haar tweede doktorsgraad in 2020 ontvang het. Sy is ook deur twee internasionale akademiese instellings en verenigings vir die gehalte van haar studie geloof.
Nadat sy haar Doktoraat in…